Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Preekskets: Deuteronomium 6:4-25 en 8:1-20

‘n Groot deel van die boek Deuteronomium bestaan uit ‘n afskeidstoespraak van Moses. Die Israeliete is op die punt om die beloofde land in te gaan, maar Moses self gaan binnekort sterf. Hy neem dus nou die geleentheid om ‘n laaste keer vir die Israeliete duidelik te maak wat God van hulle verwag en hoe hulle vorentoe moet leef. Die belangrikste is dat hulle God moet liefhê en volkome toegewyd moet wees aan Hom.

 

In die gedeeltes wat ons vandag lees, maak Moses ook bekend hoe hulle nie in hulle toewyding moet verslap wanneer hulle die goeie gawes van die nuwe land ontvang nie: Die gevaar is dat hulle oë so op die seëninge van God sal wees, dat hulle van Hom vergeet. Tussenin hoor ons ook van nog ‘n belangrike tema wat Moses aan hulle duidelik maak: Hulle moet hulle kinders grootmaak met ‘n kennis en liefde vir die Here.

 

Ten spyte van die baie uitdagings wat ons vandag om ons het, is daar ook baie seëninge wat ons ontvang. Die gevaar is egter dat, net soos die Israeliete, ons later so gefokus raak op die seëninge en die goeie goed wat ons kan kry, dat ons toewyding aan God self verslap. Tegelyke tyd gee ons ook so baie aandag aan hoe ons kinders die goeie goed om hulle kan beleef, dat ons die heel belangrikste verantwoordelikheid opsyskuif, naamlik om hulle van God te leer en hulle te begelei in ‘n verhouding met Hom. Ons dink vandag daaroor na.

 

Sorry, the comment form is closed at this time.