NGK Welgemoed
Fasiliteite
Die geboue van NG Kerk Welgemoed is beskikbaar vir troues, begrafnisse en konserte.
Die volgende fasiliteite is te huur:
Kerkgebou (met uitstekende akoestiek vir musiekkonserte)
Kerksaal
Vir meer inligting kontak gerus:
Fasiliteitebeampte – vakant
Tel: 021 913 2320
ontvangs@ngkwelgemoed.co.za
NG Kerk Welgemoed het ‘n vakature vir ‘n Fasiliteitebeampte (voltyds).
Fasiliteitsbeampte
Verlangde profiel
ʼn Persoon wat oor die volgende vaardighede beskik:
- Bestuursvaardigheid (beplanning, organisering, leidinggewing, beheer en kontrole);
- Administratiewe vaardigheid (kantoorbestuur, rekordhouding, korrespondensie);
- Kommunikasie vaardigheid (mondelings en skriftelik);
- Rekenaarvaardigheid; en
- Benutting en instandhouding van basiese werkfasiliteite en kantoortoerusting.
Primêre verantwoordelikhede
- Operasionele bestuur, administrasie en beheer van fasiliteite (geboue en infrastruktuur), bates, toerusting, voorraad en terrein;
- Instandhouding en versorging van geboue, bates, toerusting, voorraad en terrein;
- Sekerheid van geboue, bates, toerusting, voorraad en terrein;
- Rekordhouding;
- Sleutelbeheer;
- Aankope en bevoorrading;
- Bestuur van en toesig oor skoonmaakdienste en toegewese personeel;
- Voorbereiding vir aktiwiteite en opruiming daarna; en
- Verrigting van verantwoordelikhede ten opsigte van kerklike aktiwiteite.
Inherente posvereistes
- Verrigting van diens na-ure en op Sondae; en
- In staat om redelikerwys fisiese werk te verrig.
Vereistes
- Jonger as 63 jaar;
- Minimum akademiese kwalifikasie: Matriek;
- Taalvaardigheid: Afrikaans en Engels;
- Menseverhoudinge: Leierskap, spanwerk en goeie interpersoonlike verhoudinge;
- Rekenaarvaardig (MS Word, Excel, Outlook);
- Tegniese vaardighede; en
- Eerlikheid, betroubaarheid en integriteit.
Werksure
45 uur werkweek (binne gereguleerde skiktyd bedeling), wat naweke insluit.
Aansoeke
Aansoeke moet ʼn omvattende CV, aansoekbrief, gewaarmerkte afdruk van ID dokument, kwalifikasies en die name/kontaknommers van drie onlangse referente insluit.
Per hand/pos: Diasstraat 15, Welgemoed, 7530 of
Per e-pos: Fritz.Brand@ngkwelgemoed.co.za
Navrae: Fritz Brand, Administrasie Bestuurder – Tel: 021 913 2320
Sluitingsdatum: 4 Januarie 2021