NGK Welgemoed
Kleingroepe en Bybelstudies
Kleingroepe
Die kleingroepe in ons gemeente is ruimtes waar persone van alle ouderdomme deel kan raak van ‘n geestelike gesin waar versorging, geestelike groei en gesamentlike diensbaarheid plaasvind. Persone kan volgens verskillende kriteria en behoeftes inskakel by ‘n kleingroep – volgens lewensfase, gesinsopset, hoe gereeld die groep bymekaar kom ens. Jy kan ook by enige van die ondergenoemde permanenete Bybelstudiegroepe inskakel. Vir meer inligting skakel die kerkkantoor by [email protected]
Bybelstudie
Maandag:
20:00 Mans-bybelstudie in die kapel
Dinsdag:
09:30 Senior-bybelstudie in die saal
19:30 Salomé-groep in die saal
Woensdag:
09:30 Vrouebybelstudie in die Kapel
19:00 Gemeente-bybelstudie in die kerk
Donderdag:
9:00 Vroue-bybelstudie by Diasstraat 2.