NGK Welgemoed
Gasvryheid
Ons gasvryheidsbediening wil alle lidmate, asook nie-lidmate, laat welkom en tuis voel, as ‘n gemeente en familie van Christus, onder Welgemoed se boom.
Gasvryheid besoek nuwe intrekkers en stel hulle voor aan hulle nuwe geestelike tuiste hier in Welgemoed.
Gasvryheid verwelkom ook lidmate by die deure tydens eredienste. Na afloop van die oggenddiens word tee en koffie in die voorportaal bedien. Dit bied ‘n geleentheid vir lidmate om mekaar beter te leer ken en gesellig saam te verkeer.
Vir verdere inligting kontak gerus:
Kommissie voorsitter: Lizl Jackson