Title Image

Word Deel

NGK Welgemoed

Inligting vir oud en nuut

Hier by Welgemoed gemeente moedig ons aktiewe deelname aan op ALLE vlakke.  Geen bydrae, inset of voorstel is ooit onnodig of onbenullig nie.

Word vandag nog aktief deel van die gemeente en aanbid saam met ons as een groot familie die Here.

Daar is verskillende bedieninge/kommissies waarby gemeentelede kan inskakel. Gaan kyk gerus na die lys van bedieninge.

NGK Welgemoed

Nuwe intrekkers/lidmate

Raak deel van ons familie

Baie welkom by Welgemoed Gemeente se webtuiste. Ons wil jou graag verwelkom in ons geloofsfamilie.

Kom drink gerus ‘n koppie tee na afloop van die erediens en ontmoet ons vriendelike Gasvryheidsbediening.

Vir enige verdere inligting kontak vir Sampie Lundie (Voorsitter van die Gasvryheidsbediening) 083 299 9004 / slundie@uwc.ac.za.

Maak gerus met ons kontak deur jou besonderhede hier in te vul.