Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

“Sien is glo” – Johannes 20:24-29

 

Ons almal smag daarna om sekerheid te hê. Ons wil weet dat dit wat ons glo, die waarheid is. Om te hoor hoe ander daaroor praat en vertel van hul eie ervaring van hul geloof is goed, maar dit is tweede prys. ‘n Eie eerstehandse ervaring, kennismaking met God, wat lei tot ‘n diep oortuiging, is waarna ons smag.

Ons bevind onsself tussen Lydenstyd se Paassondag en Hemelvaart; die tweede week van Paastyd. Ons vier die feit dat Jesus die dood oorwin het en lewe! In hierdie tyd vertel die evangelies hoedat Jesus aan verskeie mense (opregte twyfelaars en verdwaasdes) verskyn en hulle twyfel verander in geloof deurdat hulle Hom persoonlik sien, hoor en aanraak.

Teksgedeeltes soos Hebreers 11:1 – “Geloof, egter, is sekerheid van die dinge wat gehoop word, ‘n bewys van die dinge wat nie gesien word nie – en Johannes 20:29 – “Glo jy omdat jy My gesien het? Gelukkig is hulle wat nie gesien het nie, en tog tot geloof gekom het” – promofeer geloof sonder sigbare bewyse.

As ons egter eerlik is, leef daar iets van Thomas in elkeen van ons (Johannes 20:25 ) – “As ek nie die merke sien van die spykers in sy hande en my vinger nie steek in die spykermerke, en my hand nie in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.” Kom kyk Sondag saam hoedat die verskillende karakter in Johannes se weergawe van Jesus se verskyning aan die dissipels, met Thomas ook teenwoordig, reageer op twyfel en ongeloof. Kom ervaar wat God deur Sy Gees in jou kom losmaak deur Caravaggio se meesterlike uitbeelding van die toneel in sy skildery “The Incredulity of Saint Thomas”.

 

Sorry, the comment form is closed at this time.