NGK Welgemoed
Familiebediening
Familiebediening fokus op die opbou van die gemeente as huisgesin van God en dat elkeen wat deel vorm van die gemeente mag ervaar hulle is deel van ‘n groter geloofsfamilie.
Ons dooplidmate word in drie groepe ingedeel – Jakkers (Gr R, 4 en 5 jariges), Jonk (Gr 1-7) en Jeug (Gr 8-11). Die “Jakkers” en “Jonk” se kinderkerk en kategese vind gelyklopend met die oggenddiens plaas. Die “Jeug” groep kom op ‘n Sondagaand bymekaar vir die Tienerdiens en kleingroepbesprekings wat daarop volg. Kampe, uitreike en ander geleenthede vir die kinders en hulle ouers word ook gereël. Daar word veral gefokus op die uitbou van “Huisgeloof” – dat huisgesinne gehelp word om ruimtes van geloofsgroei te wees.
KATEGESE (byeenkomste op Sondae)
09:00 Jakkers: 4-5 jariges en Graad R maats (klaskamers bo Kapel)
09:00 Jonk: Graad 1-6 in Kerksaal, Jeug: Graad 7-12
18:15 Tienerdiens in Kerksaal
Vir meer inligting kontak:
Leraar: Dr. Rupert de Koning / [email protected]

Informeleaanddiens – Tienerkategese
M.E.S. Uitreik: Maart 2024
Palmsondag 2023
Gemeenskap-Vrydag 2022
Lente 2022
Kategese-pret 2022
Vadersdag 2022
M.E.S Uitreik: 29 Mei 2022
Hemelvaart 2022
Moedersdag 2022
Verse & Vlyte Mei 2022
Palsondag 2022
Kategeseinskrywing Januarie 2022 met ‘n lekker draairoomys na die diens.
Kategese
Verse en Vlyte
Koekies & kaartjies 2021
Kategese Verby – Ry 2021
Algemene Gallery

