-
Boodskap vir die week
“God, my siel dors na U” - Psalm 63 Dawid was bekend met woestyn-ervarings – letterlike- en figuurlike ervarings van ‘in die woestyn wees’. Psalm 63 is een van die Psalms wat hy juis in so ‘n tyd in sy lewe geskryf het. Sy woestyn-ervarings was weens verskillende redes. By tye was dit a.g.v. HARTSEER – die afsterwe van sy geliefde vriend Jonatan en ook koning Saul gee aanleiding tot sy treurlied in 2 Samuel 1:17-27, wat vertel van sy ervaring
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Josua 5: 10-12 Stel u vir ‘n oomblik die groep van langsaam bewegende Israeliete voor waar hulle afdaal na die valleie van die Jordaanrivier. Die vermoeiende reis deur die woestyn het uiteindelik tot ‘n einde gekom. Die vervulling van God se verbondsbeloftes is letterlik in sig. Die smeulende hoop op die toekoms vlam weer op. Die lank gekoesterde droom om ‘n tuiste te bewoon en ‘n eie lappie aarde te besit het nou ‘n werklikheid geword. Die grens na Kanaän word oorgesteek. Maar die
-
Boodskap vir die week
“Lewegewende rolmodelle” Deut 11:1-3, Psalm 78:1-8 Die manier waarop ons “opdaag” in ons verhoudinge, gesinne en ruimtes (veral buite die kerkgebou) kan ‘n lewegewende- of leweneemende uitwerking hê op ons eie en ander se lewens. Ons vermoë om oop te wees om God in die allerdaagse raak te sien en deur Hom verras te word bou verder uit op die lewegewende invloed wat ons geroep is om te hê. Dit is waar van ons eie geloofsgroei sowel as die van ander volwassenes, maar
-
Boodskap vir die week.
Lewegewende ervarings: Deuteronomium 6:1-25 en Matteus 13:31-33 & 44-48 Die Here oorlaai ons met goeie gawes. Dit is egter moontlik dat ons die gawes so kan geniet dat ons vergeet waar dit vandaan kom. Daarom het ons geloofsgewoontes nodig wat ons herinner aan dié God wat sy genadehande vir ons oop hou. Uiteindelik word ons identiteit vasgemaak deur die gewoontes wat ons beoefen. Daar is gewoontes van Bybellees en bid, daar is gewoontes van kerk toe gaan en sing. Daar is
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Efesiërs 5:6-20; Galasiërs 5:13-6:10 Ons dink hierdie week na oor lewegewende ruimtes. Ons besoek daardie ruimtes buite gemeentelike verband waar ons lewensvernuwende ontmoetings met God en ander mense ondervind. Ons dink hier aan vriendskapskringe, sport en ontspanning / kultuurkringe, die werkplek, die natuur en daardie onverwagse ontmoeting met ‘n vreemdeling. Hoe benut ons die geleenthede wat in hierdie ruimtes op ons pad kom? Gebruik elke geleentheid Daar is gewoonlik baie verskonings om nie voluit te lewe nie. Veral in moeilike tye wil ‘n mens
-
Boodskap vir die week
Lewegewende gesinne – Deuteronomium 6 Of jy self kinders het of nie, elkeen van ons is die kind van ouers. Ons het ‘n eie geleefde ervaring van ouerskap en ons weet dat ouerskap nie altyd makilik is nie. Ouers maak dikwels foute, en die meeste van die kere is dit nie sleg bedoel nie. Ouerskap is egter nie bedoel om perfek te wees nie. Dit is eerder bedoel om, tussen deur die menslike pogings van opvoeding, veral ‘n ruimte te skep vir
-
Boodskap vir die week
Lewegewend! Esegiël 47:1-12 & Johannes 4:1-42 Esegiël vertel beeldryk dat daar van God se troon af ’n stroom water loop wat lewegewend is. Die water syfer vanuit die troon van God en dit word dieper en dieper. Die water genees alles, gee vrug en gee standhoudende lewe. Dit is vol voedsel en buitengewoon lewegewend vir enigeen wat honger en dors is. Mense wat na aan God leef se lewe raak soos syferwater wat aansluit by ander se syferwater en dit word
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: 1 Timoteus 6:11-19 Paulus beskryf soms die lewe van ‘n gelowige as ‘n stryd – wat dit inderdaad ook is. Maar hier beskrywe Paulus die geloofslewe anders, naamlik as die wonderlike wedloop van die geloof. Die beeld wat hier gebruik word adem die opwindende atmosfeer van die stadion waar die atlete staan en trippel by die wegspringblokke. Met adrenalien gelaai tree die atlete aan - gereed om vining uit die blokke te kom. Ligvoetig en uitdagend. Met hierdie beeld in gedagte rig
-
Boodskap vir die week
In God se handpalm - Jesaja 49:15-16 Vir ons Gr.1’s, 8’s en die klas van 2024 is hierdie jaar ‘n GROOT jaar. Hulle maak belangrike oorgange in hul lewens en dit is ‘n oomblik wat ons nie sommer net ongesiens wil laat verbygaan nie. Ons wil graag vir ‘n oomblik hier aan die begin van die jaar saam met hulle (en hul ouers) stop en vra: Waar kom ons vandaan? Wie is ons? en Waarheen is ons op pad? Natuurlik is daar
-
Boodskap vir die Week
Skriflesing: Psalm 72 Psalm 72 is ‘n koningspsalm. Die koning, nie soseer ‘n spesifieke koning nie, word as die ideale koning voorgehou, Die koning word in die Psalm beskryf as die konkrete stadbouer van God wat hier en nou in sy heerskappy aan die eise van God reg moet laat geskied. Sy optrede moet gekenmerk word deur die handhawing van reg en geregtigheid. Calvyn sê tereg dat dit in Psalm 72 gaan om “’n voorbeeld van die koninkryk van Christus”. Naas die konkreet
-
Boodskap vir die week
Die Here is naby! (vers 5). Lees ‘n mens hierdie vers, kom die vraag na vore oor verskillende betekenisse wat dit mag hê. Sommige verklaarders reken dat dit dui op die eerste koms van Jesus, op sy geboorte in ‘n stal in Betlehem, as Immanuel. Ander meen weer dat dit dui op die sorgende teenwoordigheid van God by sy kerk in die geskiedenis, op weg na die einde. Jesus het tog gesê: “Ek is by julle al die dae tot die voleinding
-
Boodskap vir die week
Roetemerker-diens: “Die lewe is ‘n reis saam met God” (Josua 3 en 4) Kan jy dink aan ‘n tyd toe jy angstig of bang, selfs vreesbevange of verpletterd gevoel het? Dikwels, wanneer ‘n mens terugdink aan sulke ervarings raak die herinnering daaraan ‘n mens steeds diep en is die emosies wat dit weer na vore bring iets wat jou weer vir ‘n oomblik tot stilstand bring. Dit is egter ook goed om te probeer raaksien hoedat God juis in daardie tyd by jou teenwoordig
-
Boodskap vir die Week
Waarmee is God besig in jou lewe Johannes 14:15-27 Die meeste van ons glo dat God by ons is? Daar is egter ook mense wat glo daar is ’n God, maar Hy is iewers ver en ons weet nie eintlik veel van Hom nie. Die Bybel leer ons egter dat God in ons lewe teenwoordig is. Sy Gees is immers uitgestort om sy teenwoordigheid in ons ’n voldonge feit te maak. Maar dit beteken nog nie dat ons nie dikwels heimlik dink dat
-
Boodskap vir die week
“Close but no cigar.” – Markus 12:28-34 Die oorsprong van idioom “Close but no cigar” is nogals interessant en die Afrikaanse ekwivalent (Amper is nognie stamper) se etimologie is ewe belangwekkend – amper vermaaklik. Maar wanneer mens die woorde van Jesus aan die fariseër in Markus 12:34 (“Jy is nie ver van die koninkryk van God nie.”) lees teen die agtergrond van die betekenis van hierdie twee idiome, raak dit ‘n meer ernstige saak. Jesus se strydgesprekke met en antwoorde op strikvrae van
-
Boodskap vir die week
Ons monde is met gelag gevul! Psalm 126 Die Here het ons lot verander. “Daarna is ons monde met gelag gevul, ons tonge met jubelkrete.” So sing die Psalm 126. Ons almal het waarskynlik sulke verhale van lotsveranderende ervarings. Trouens, ons almal sal soos Dawid ’n Psalm kan skryf en vertel van die dag waarop ons in die donkerte gestaar het en geen hoop gehad het nie. En toe, op ’n wonderbaarlike manier kom God en verander jou lot. Skielik is
-
Boodskap vir die week
Tema: Ons is immers sy maaksels, geskep in Christus Jesus om goeie werke wat God voorberei het, te doen en daarvolgens te leef.” (Efesiërs 2:10) Psalm 139:13&14 “Ek prys U omdat ek op ‘n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is …” (vers 14) Die moederskoot is die plek waar ek deur God gevorm en aanmekaar geweef is. Vir laasgenoemde uitdrukking gebruik die psalmis ‘n woord wat die fynste kunsnaaldwerk aandui. Maak nie saak wie of wat ons is nie. As die stof van die roes
-
Boodskap vir die week
“Ek en my tiende.” (Num 18:19-32, Deut 14:22-25, Deut 26:12-14 en 2 Kor 8-9) Ons trek by die laaste kwartaal van hierdie jaar! Soos elke jaar, voel ons weer so bietjie omkant gevang; ontnugter oor hoe vinnig 2024 verby gevlieg het. Soos wat husigesinne voorbereidings tref vir dit wat die laaste drie maande van die jaar inhou, is dit ook ‘n geleentheid om terug te kyk na die 9 maande wat reeds verby is. Wat het alles gebeur in die lewens van die mense
-
Boodskap vir die week
Vrede vir jou! Johannes 14:27 Die wêreld waarin ons leef, steel al te dikwels ons vrede. So sal die meeste van ons toegee gedagtig aan al die misdaad en korrupsie en al die ellendes waarmee ons byna daagliks gekonfronteer word. Maar daar is ook die natuurlike goed wat met ons gebeur wat ons vrede steel. Ons ken byvoorbeeld kommer oor die welstand van ’n kind, ‘n ouer of ons eie. Maar, sal ons waarskynlik almal toegee, ons vrede is veronderstel om
-
Boodskap vir die week
Psalm 119:19 & Hebreërs 11:13-16 In die lig van die besef van eie verganklikheid, is dit nie vreemd dat menslike broosheid ‘n deurlopende tema in die Psalmboek is nie. As gevolg hiervan is dit dan ook nie ongewoon dat die psalmdigter sy bestaan hier op aarde as ‘n deurtog, ‘n vreemdelingskap beleef nie. Psalm 119:19 verwoord hierdie lewensgevoel van vreemdelingskap treffend: “Ek is ‘n vreemdeling op aarde, moenie u gebooie vir my verberg nie.” Vreemdeling het in die Bybelse sin verwys na
-
Boodskap vir die week
‘n Vraat en ‘n suiplap? In Matteus 11 vertel Jesus hoe die Jode van Johannes die Doper en van Hom ’n karikatuur maak. Die Jode het bedreig gevoel deur hulle en het daarom van hulle slegte goed gesê. Johannes het hom afgesonder van die wêreld. Toe sê hulle hy is van ’n demoon besete. Jesus daarenteen het hom bemoei met sondaars en ín die wêreld geleef. Toe sê hulle Hy is ’n vraat en ’n suiplap. Hierdie soort vertekening van
-
Boodskap vir die week
Prediker 12:9-14 Die Prediker was ‘n man met wysheid wat die volk onderrig het. Hy het alles in hierdie wêreld nagevors, alles probeer in sy soeke na die sin van die lewe. Hy het op intellektuele vlak homself en ander verruim met boeke, kennis en wysheidskole (1:16-17). Hy het die kreatiewe dimensie van menswees ten volle probeer ontgin: die kuns met sy sangers en sangeresse (2:8); die kultuur met sy ontspanning en gerief; die tegniek met sy groot ondernemings (2:4-6). Hy het
-
Boodskap vir die week
“Bevryding!” ( Eksodus 15, Matteus 26: 27-28, 39, Johannes 19:28, Openbaring 15 & 16:17-19) In Februarie vanjaar word Suid-Afrika geskok deur die nuus van die verdwyning van die klein Joshlin Smith (6 jaar) in Diazville in Saldanha. In Mei-maand ruk die hartseer gebeure by Hoërskool Overberg Suid-Afrika weer met die moord op Deveney Nel (16 jaar)! Hierdie en talle ander gevalle van kinders en selfs volwassenes wat vermis raak en steed nie gevind is nie is gereeld voorbladnuus. Vir ‘n tyd
-
Boodskap vir die week
Welgemoed Kunstefees 2024 Kunstenaars het die wonderlike vermoë om mense in te trek in hulle verbeeldingswêreld. Dink maar net wat met jou gebeur as jy na George Frideric Handel se Messias luister. Of kyk na die Sterrenag van Vincent van Gogh. Of luister na Koos du Plessis se Gebed laataand in die stilte, as dit resoneer met die bewegings van jou hart. Vir ons as gelowiges het die kuns van die gebruik van beelde en metafore vanselfsprekend geword. Dis immers hoe
-
Boodskap vir die week
Wat maak jy hier, Elia? 1 Konings 19:9-13 Oor die eeue was daar baie sieninge oor die betekenis van die woord ‘siel’. Wat is die siel van die mens? Is dit iets in die brein? Is dit iets wat geweeg kan word? Daar ís immers mense wat beweer dat ’n liggaam minder weeg net nadat ’n mens te sterwe gekom het. Daar word gesê ons siel gaan hemel toe wanneer ons te sterwe kom. Maar wat is dit wat hemel toe
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Psalm 23 Ons sit vandag aan by die nagmaaltafel. Ons besin in besonder oor verse 2-3(a) van Psalm 23: “In groen weivelde laat Hy my rus; na water waar daar rusplek is, lei Hy my. Hy gee my nuwe lewenskrag …” Hier aan die tafel word ons geloofsoog opnuut op Christus gefokus wat sy lewe vir ons weggegee het. Hier word ons geloofsknieë sterk, en brand die vlam van hoop weer hoog. In hierdie sin is die nagmaal ‘n geloofsopbou-fees. Ons word
-
Boodskap vir die week
2 Samuel 11: Die God van Dawid Die skrywer van Samuel vertel die verhaal van Dawid met baie detail. Die intriges van Dawid se lewe is meer intens, ontwrigtend en uitdagend as enige sepie of Netflix-reeks waarvan ek al gehoor het. In hfst 11 laat Dawid ’n man doodmaak om met sy vrou te kan trou. Dis growwe sonde, veral vir ’n man wat bely dat hy die Here ken en oneindig dankbaar is vir die genade wat hy van God
-
Boodskap vir die week
“God se hartsvormende werk” Eksodus (verkeie verse) Wat ‘n voorreg om te weet dat God ons ook gebruik! Soos ons verlede week gehoor het, word die mikrofoon soms na ons toe uitgehou (soos die voorsanger van Nkosi sikelel' Afrika by die Springbokke se eerste toets teen Ierland of Loftus Versfeld gemaak het) en kry ons die geleentheid om saam, uit volle bors, te sings soos burgers van die Koningkryk van God. Om “
-
Boodskap vir die week
God bly met my besig – 2 Samuel 5:1-10. Bouprojekte wat oor etlike dekades verloop en waarmee volgehou word totdat dit afgehandel is, gryp dikwels mens se verbeelding aan. Die Sagrada Familia in Barcelona, Spanje is ‘n baie goeie voorbeeld hiervan. Sedert 1882 is konstruksie steeds aan die gang en die afhandeling daarvan is in sig. Letterlik generasies van ingenieurs en vakmanne het oor die jare elkeen ‘n bydrae gelewer in die vordering wat gemaak is. Maar seker die belangrikste aspek van die
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: 2 Tim: 4:1-8; Handelinge 7:54 – 8:3 & 9:1-9 Paulus skryf aan Timoteus teen ongeveer 64 nC, waarskynlik uit die gevangenis in Rome. Die doel van sy skrywe is om Timoteus wat sy bedieningswerk in Efese doen vir die laaste keer met die oog op sy bediening te onderrig. Paulus weet dat hy vanweë sy verkondiging van die evangelie tereggestel gaan word. Dit blyk uit 2 Tim 4:6-8. Hy getuig dat hy die goeie wedloop afgelê het, die wenstreep bereik het,
-
Boodskap vir die week
Matteus 7:1 & 2 Jesus lê in die Bergrede sy verstaan van die Wet van Moses uit. Hy is duidelik daaroor; die Wet moenie afgewater word nie. Inteendeel, sê Hy, die breër betekenis daarvan moet eerder verstaan word. Jy oortree nie net die sesde gebod wanneer ons iemand fisies doodmaak nie, maar ook wanneer jy jou broer haat. En jy oortree nie net die sewende gebod wanneer jy in ’n hof skei nie. Nee, jy oortree ook hierdie gebod wanneer jy
-
Boodskap vir die week
“Waar is jy?” – Genesis 3:8-19 Dit is bevrydend om te weet dat God se liefde vir my onvoorwaardelik is en dat Hy my voetstoots aanvaar. Maar wat van my sonde? Hoe dink God oor en reageer Hy op die skerp en die donker kante van my lewe? Watter effek het my sonde op my verhouding met God, met ander en op die wêreld waarin ek leef? Genesis 3 as deel van die skeppingsverhaal kom help ons om te verstaan wat God se
-
Boodskap vir die week
Sondag vir Ekologie - 1 Korintiërs 15:32 Ons almal weet teen hierdie tyd dat die wêreld in ’n ekologiese krisis verkeer. Die yslae van die Noorpool en Antartika smelt teen ’n ontstellende spoed. Die aarde se temperatuur het immers reeds met 1.5ºC gestyg sedert die industriële revolusie. Die ekologiese ketting word gebreek. Van die brooste plant en dierespesies begin verdwyn. Dit is egter veral die impak op die lewe in die oseane wat die meeste kommer wek. Wetenskaplike studies wat aan
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Romeine 8:1-17 Drie-Eenheidsondag word in die meeste kerke op die Sondag na Pinkster gevier. Dit is ook die eerste Sondag in Koninkrykstyd. Die volledige openbaring wat die kerk van God ontvang het, word gevier. Dit omsluit alles wat aan ons geopenbaar is, van die geboorte van Jesus af tot by die uitstorting van die Gees. Die volle openbaring van God word uitgedruk in die belydenis dat Hy sowel Vader, Seun en Gees is. Die fees is geskep om ons verwondering en ontsag vir die
-
Boodskap vir die week
Die Heilige Gees bekeer my Godsbeeld Lukas 15:11-31 Verbeel jou jy kyk na God, terwyl Hy na jou kyk… Wat verklap die uitdrukking op sy gesig, van hoe Hy oor jou voel? Hierdie klink dalk na ‘n vreemde vraag om te vra, want hoe moet ‘n mens weet hoe God se gesig lyk? Niemand het Hom nog ooit gesien nie, en die een wat Hom sou sien, sal sterf… so het Moses gehoor. Waarop die vraag egter sinspeel is nie soseer die detail van
-
Boodskap vir die dag
Jeremia 29:5-7 ’n Ander lewe, in Suid-Afrika Ons is in die Paastyd van die kerkjaar. Tydens die lydenstyd het ons herdenk hoe Jesus vir ons gely het. Ons het die opstanding van Christus herdenk. Ons is nou in die tyd in die kerkjaar waarin ons herdenk hoe Christus aan mense verskyn het en hulle horisonne oor die lewe oopgebreek het. Dit was met verstomming wat hulle sy vreemde teenwoordigheid beleef het. Wat hulle beleef het was buite menslike begrip. Tog het hulle
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Psalm 86 & Lukas 10:25-37 “In die moderne samelewing waar vergewing so raar is, word barmhartigheid nog belangriker!” Hierdie opmerking van pous Franciskus laat ‘n mens nie onaangeraak nie. Ons moet hieroor nadink. Ons is ontvangers van God se barmhartigheid en word daarmee die wêreld ingestuur. Kom ons hou die oor naby aan die tekste wat ons lees sodat ons met nuwe inspirasie God se hande, voete, oë en ore in die wêreld kan wees. ‘n Belangrike aspek van barmhartigheid Die eerste aspek
-
Boodskap vir die week
“Sien is glo” - Johannes 20:24-29 Ons almal smag daarna om sekerheid te hê. Ons wil weet dat dit wat ons glo, die waarheid is. Om te hoor hoe ander daaroor praat en vertel van hul eie ervaring van hul geloof is goed, maar dit is tweede prys. ‘n Eie eerstehandse ervaring, kennismaking met God, wat lei tot ‘n diep oortuiging, is waarna ons smag. Ons bevind onsself tussen Lydenstyd se Paassondag en Hemelvaart; die tweede week van Paastyd. Ons vier die
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Matteus 28:1-10 Maria Magdalena en die ander Maria (moontlik Klopas se vrou, Joh 19:25) besoek Jesus se graf vroeg op die eerste Paasmôre. Matteus dui die doel van die vroue se besoek aan as sou hulle na die graf wou gaan kyk. Dat die vroue op geen manier die opstanding verwag of eers vaagweg kon bedink nie, is inderdaad duidelik, veral ook uit die res van die verhaal. Hulle gaan na die graf as verslae mense vir wie Jesus nog net
-
Boodskap vir die week
Jesus se kyk vanaf die kruis Johannes 19: 25-27 Ons almal het ’n prentjie van die kruisiging van Jesus in ons kop. Ons het waarskynlik almal al skilderye of prente of uitvoerings gesien van die kruisgebeure. Ons weet ook dat die evangelies sewe stellings of “woorde” van Jesus aan die kruis opgeteken het. Ons het ook heelwat inligting oor die mense wat by die kruisiging teenwoordig was. In die Johannesevangelie sien ons die moeder van Jesus (Maria) en haar suster, Maria
-
Boodskap vir die week
“God speel C.” – Jeremia 31:31-34 Lydenstyd is nie ‘n gemaklike deel van die kerkjaar nie. Dit is nie ‘n aangename, feestelike tyd wat vol is van mooi en helder en vrolike versierings en uitbundige lofprysing nie. Dit is eerder stiller, somber. Dit herinner aan die swaar pad wat Jesus moes loop tot by die kruis. Maar dit is in ‘n sekere sin baie meer kongruent met die werklikhede van ons dag-tot-dag bestaan. Ons werk- en leefwêreld is allermins een wat altyd
-
Boodskap vir die week
Christus van die kruis — 1 Korintiërs 1:18-31 Dit is Sondag die derde Sondag in lydenstyd. In hierdie tyd fokus ons op Jesus se lyding. Ons dink aan die pad wat Hy vir ons geloop het. Hoe Hy uitgedaag is, bedreig is, gespot is en uiteindelik ter dood veroordeel is. Ons ken die verhaal. In 1 Korintiërs 1 skryf Paulus vir ’n gemeente waarin daar baie vrae is oor die navolging van Jesus. Trouens, die mense van Korinte het eindeloos gestry oor
-
Boodskap vir die week
Die kerkraad van die bekende Gosnner-Missionskirche in Berlyn het in 1965 die Switserse skilder Willy Fries versoek om ‘n muurpaneel vir die kerk te skilder. Die skildery moes iets weergee van die roeping van die kerk in die wêreld, maar veral ook aan die inhoud van die Evangelie, die inhoud van die Goeie Nuus, wat deur die kerk in die wêreld verkondig word. Sy keuse was die uitbeelding van die groot maaltyd soos dit in Lukas 14:15-24 beskryf word. (Foto hierbo) Die
-
Boodskap vir die week 11 Februarie 2024
40-Dae Week 2: Saggeus- Lukas 19:1-10 Almal ken vir Saggeus. Hy is mos die mannetjie wat in die boom geklim het om vir Jesus te kan sien. En toe sien Jesus hom. Dalk het Saggeus so gehoop. Maar dit bly wonderlik om te dink dat Jesus die randfigure en die wat na Hom soek, raaksien. Wat daarna gebeur is natuurlik net so wonderlik. Jesus gaan by Saggeus aan huis. Hy doen dit ten spyte van al die Joodse reëls wat dit verbied
-
Boodskap vir die week
Genesis 18:1-16 en Hebreërs 13:2 Ons lees in Genesis 18 dat Abraham by die akkerbome van Mamre op die hitte van die dag by die ingang van sy tent sit toe daar skielik drie mans opdaag. Dit is op die hitte van die middag! Maar Abraham hardloop die mans tegemoet, buig voor hulle en kan nie genoeg doen om sy gasvryheid te bewys nie. Hy vra dat hulle hom die guns sal bewys om nie by sy huis verby te gaan nie
-
Boodskap vir die week
Markus 1:16-20 Jesus begin in Markus 1 vir Hom ’n dissipelgroep saamstel. Hy roep nie leiers in die samelewing nie. Hy roep ook nie die suksesvolste mense nie. Hy maak ook nie seker dat daar darem een of twee vermoënde mense onder hulle is nie. Levi se karakter moes reeds onder verdenking wees. Hy was immers ’n tollenaar. Nee, Hy roep mense wat bereid is om Hom te volg. Hulle los alles en volg Hom. Dit bly nog haas onverklaarbaar. Simon
-
Boodskap vir die week
Eerste Advent: Hoop Adventstyd in Welgemoed word jaarliks ingelui deur ons Kerssangdiens. Sondag is dit egter amptelik die eerste Sondag van advent. Sondag se adventstema wêreldwyd is hoop. In ’n wêreld waar alles vir so baie mense hooploos en hopeloos lyk, is dit ’n baie relevante tema. Die vraag is egter of ons relevante antwoorde het vir die akute hooploosheid van mense. Die krisis van kinders wat tans ly en sterf in die Midde-Ooste laat ook die vraag ontstaan of die koms
-
Boodskap vir die week
Galasiërs 3:26-2 Beklee met Christus Met die konflik in Israel en Palestina sien ons hoe twee godsdienstige ideologieë met mekaar bots. Beide Israel en Hamas is gebou op wettiese godsdienstige sisteme waar die wet van vergelding (lex talionis) geld, ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand. Daar is nie baie genade in die twee godsdienste nie, Die geregtigheid wat hulle najaag is veroordelend en gerig op straf en vergelding. Dit is die agtergrond waaruit die Israeli regering
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Nehemia 1 & 2 Koning Kores van Persië het Babilonië in 539 vC verower. In 538 vC laat hy ‘n klomp Judeërs uit ballingskap vry om na Jerusalem terug te keer. In die twintigste regeringsjaar van Koning Artasasta (465-424 vC) deel Nehemia se medeamptenare hom mee dat die teruggekeerde ballinge in Jerusalem groot ellende en vernedering ervaar. Die stad se muur is stukkend en die stadspoorte verbrand. Nehemia is hieroor hewig ontsteld. Hy het dae lank getreur en gevas soos iemand wat
-
Boodskap vir die week
Het die Bybel enigsins nog ’n plek in vandag se lewe ? Is die Bybel nie maar net een van die baie bronne waaruit ons antwoorde kry nie? Daar is vandag baie verskillende bronne waaruit ons troos, bemoediging en motivering kry. Mense stroom na motiveringsprekers en kyk videos op YouTube. Selfhelpboeke bly topverkopers. Dit is die mening van baie mense dat die Bybel nie werklik so noodsaaklik is nie. Kom ons dink vandag, op die Hervormingsondag, na oor die Bybel
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Genesis 1 & 2 Ons lees in Genesis 2 vers 7 dat God byna soos ‘n pottebakker die mens uit die aardse stof te voorskyn laat tree. En Hy blaas in hom die asem van die lewe. God plaas die mens in die tuin van Eden. Dié tuin het God self aangelê. Daaruit blyk sy sorgsaamheid vir die mens. In die tuin is daar naas al die ander lewegewende dinge ook twee bome waarna die mens nie sy hand mag uitsteek nie:
-
Boodskap vir die week
Die heerlikheid en skoonheid van God Gelowiges het van die vroegste tye af kuns gebruik om uitdrukking te gee aan hulle verbeelding oor die skoonheid van God. Die gedigte en liedere van die Psalms beskryf die skoonheid en heerlikheid van God met die mooiste taal en note. In die Ou Testament ontwerp en Salamo sy tempel met die mees grandiose argitektuur en versier dit met die baldadigste beeldhouwerke. Dawid, en die volk dans voor die Here in liturgiese danse en gee so
-
Boodskap vir die week
Psalm 42 & 43 “Ek wil in die kerk bly, en wil glo, en die sakramente gebruik, maar dit het vir my moeilik geword. Ek is gesuiwer van die maklikheid, van die naïwiteit om te kan glo.” Die kerk moet ook pastoraal erns maak met “the many kinds of hearts that came to the limits of reason, the loneliness of godless horizon, the chill of winter with its cry for Absence, Absence”. Daar is winter in hierdie harte! Die digter van Psalm 42/43
-
Boodskap vir die week
Jesus maak die storms stil Dis is moeilik om met vrede te leef. Daar is immers soveel dinge wat ons vrede van ons steel. Mense voel onder meer oorweldig as gevolg van die inligtingsrewolusie. Vroeër kon jy die hoeveelheid inligting wat jy moes hanteer, beslis makliker bestuur. Maar vandag word ons gebombardeer met massas inligting, op jou televisie, telefoon, rekenaar, sosiale media. Maar dit is nie net neutrale inligting nie. Die goed wat ons sien en lees, maak ‘n aanspraak op
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Psalm 46 Pslam 46 is ‘n vertrouenspsalm. By ‘n oppervlakkige lees klink dit of die psalmis dit regkry om sonder ‘n sweem van onsekerheid of twyfel net te weet dat God in beheer van sake is en vir hom sorg. Die werklike situasie in Pslam 46 is egter ver daarvandaan. Die pslamis sê al hierdie wonderliike dinge van God deels om homself moed in te praat in ‘n situasie wat nie altyd lyk of God in beheer is en besig is
-
Boodskap vir die week
Huisgesinne, familie en opvoeding Efesiërs 5 en 6 Sterk familieband en huisgesinne is die boustene van ‘n gesonde samelewing. Families is ‘n wyer kring as ’n huisgesin. In Suid-Afrika is die meerderheid huisgesinne uitgebreide huisgesinne. Kinders word meestal binne familiekringe groot waar oupas en oumas baie hard werk om aan kinders ‘n goeie opvoeding te gee. Al te dikwels hoor ons van die sukses wat so behaal is. Volwassenes wat getuig dat ‘n oupa of ouma, of ‘n tante
-
Boodskap vir die Week
Skriflesing: Hebr. 12:1-4 & 2 Tim 4:1-21 Beide Paulus en die skrywer van die Hebreërboek werk met die beeld van die maraton-hardloper. Paulus dink na oor sy naderende dood, neem sy geloofspad in oënskou en skryf dan met oortuiging: Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, ek het die geloof behou (2 Tim 4:7). In Hebreërs 12 verse 1 en 2 word die gelowiges opgeroep om die wedloop wat vir hulle voorlê met volharding te hardloop met die
-
Boodskap vir die week
Wat is jou lewe werd? In Matteus 10:29 vra Jesus: “Word twee mossies nie vir ‘n assarius verkoop nie? En nie een van hulle sal op die grond val sonder julle Vader nie. En julle - selfs die hare op julle kop is almal getel. Moet dan nie bang wees nie - julle is meer werd as baie mossies.” Dit is geen geheim nie - God ag elke lewe baie werd. Maar is elke lewe vir Hom baie werd ongeag hoe
-
Boodskap vir die week
Preekskets: Deuteronomium 6:4-25 en 8:1-20 ‘n Groot deel van die boek Deuteronomium bestaan uit ‘n afskeidstoespraak van Moses. Die Israeliete is op die punt om die beloofde land in te gaan, maar Moses self gaan binnekort sterf. Hy neem dus nou die geleentheid om ‘n laaste keer vir die Israeliete duidelik te maak wat God van hulle verwag en hoe hulle vorentoe moet leef. Die belangrikste is dat hulle God moet liefhê en volkome toegewyd moet wees aan Hom. In die gedeeltes
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Efesiërs 5:15-6:9 Paulus praat met die Efesiërs in hoofstuk 5:15ev oor ‘n lewe deur die Gees. Hy roep hulle op om die nuwe lewe wat hulle van Christus ontvang het deur die werking van die Gees daagliks ‘n duidelike profiel te gee. (vgl. 4:20-24) Die tyd waarin hulle lewe is ‘n tyd waarin mense nie leef in ooreensteming met wat God wil hê nie. In so ‘n tyd moet hulle verstandig wees en alles in die stryd werp om God se
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Johannes 21: 1-25 Vir die dissipels is Pase verby. Die stem van die opgestane Heer is stil. Hulle is terug in die alledaagse werklikheid van nette uitgooi en inhaal, van teleurstelling na ‘n nag van nuttelose arbeid. Met hulle terugkeer teen dagbreek, nadat hulle gedurende die nag nie ‘n enkele vis kon vang nie, verskyn ‘n vreemdeling op die strand. Hulle herken Hom nie, want mense wat Hom nie verwag nie, herken Hom moeilik. Baie lidmate sit nog met oorblyfsels van
-
Boodskap vir die week
Matteus 6: 5 – 14 Gebed Gebed is vervleg met ons geloof soos ons harte en die are wat in ons liggame beweeg. Aan die een kant is dit hoe ons met God kommunikeer, die mees algemene manier waarop ons ons hartsbegeertes aan God bekend maak, en andersyds ‘n geleentheid vir ons om na God te luister. Dit voed ons, dit versprei die voeding vna ons geloof deur die res van ons lewens. En dit is ‘n manier waarop ons rou emosies ook kan
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Prediker 9:7-10 Die lewe besit volgens die Prediker ‘n dubbelkantigheid - jy kan die lewe leef uit ‘n vuis vol moeite of uit die oop hand van God! Die Prediker beskou die lewe aanvanklik vanuit die gesigspunt van daardie mens wat buite God om sin en doel in die lewe wil skep deur middel van eie prestasies en materiële sekuriteite. Die gevolg is dat so ‘n vertrekpunt wat oënskynlik by die kopkant van die lewe begin, uiteindelik met die stertkant eindig.
-
Boodskap vir die week
Johannes 20 en Openbaring 21 Die Here het opgestaan! Dit is Paasfees en ons bring die besondere gebeure van Christus se opstanding in herinnering. Ons kyk hierdie week na die manier waarop die skrywer van Openbaring die opstanding interpreteer het. Ons lees in die evangelies van die gebeure rondom Jesus se opstanding, en die apostels en ander omstanders se onmiddellike ervaring van wat gebeur het. Maar wat van die latere Christene, wat nie die lewe van Jesus eerstehands kon ervaar nie? Kan daar
-
Boodskap vir die week
‘n Nuwe lewe, ‘n geveg teen sonde of ‘n avontuur van bevryding (Lees Romeine 8:6-11) Ons is in lydenstyd. Vir my is dit ‘n tyd van selfondersoek. Ja, dis ‘n tyd om ‘n verkenning te doen van jou innerlike lewe. Ons het teen die tyd al gewoond daaraan geraak om in die lydenstyd van iets te vas. Dan gee ons brood of chocolates op om ons te herinner daaraan dat Christus Homself vir ons prysgegee het. Of die opgee laat ons dink
-
Boodskap vir die week
Tema: Eet (Gasvryheid) Fokustekste: Lukas 19:1-10; Hebreërs 13:2; 1 Korintiers 11:17-26 In sy boek Reaching out skryf Henri Nouwen treffend: “Our society seems to be increasingly full of fearful, defensive, aggressive people clinging to their property and inclined to look at their surrounding world with suspicion, always expecting the enemy to suddenly appear, intrude and do harm. But still – that is our vocation: to convert the hostis into hospes, the enemy into a guest and to create the free and fearless
-
Boodskap vir die week
Lewens wat uitstaan vir Christus: Seën Ons gaan oor die volgende weke saam reis en nadink oor ‘n lewe wat in ons tyd sal aandag trek. Ons soek lewens wat in die warboel van mense se gesukkel met verandering, korrupsie, geweld en ekonomiese moeilike tye, en talle ander faktore wat die lewe kompliseer, sal uitstaan as bakens van hoop. Ons het gekies vir vyf gewoontes wat ons as gemeente kan aanleer. Mense wat hierdie gewoontes beoefen, trek gewoonlik aandag, só dat
-
Boodskap vir die week
Preekskets: 1 Petrus 3:8-22 Die boek Petrus is geskryf aan gelowiges wat ‘n vorm van vervolging beleef, waarskynlik dat hulle sosiale afkeur, uitsluiting en minagting deurgaan. Dit spruit daaruit dat hierdie gemeentelede, wat eens nie-gelowiges was, nou deur hulle geloof in Christus ‘n kultuur-vreemde lewensrigting ingeslaan het. Daar is verskeie maniere waarop mens kan reageer tenoor sulke onderdrukking, insluitend dat mens terug veg of jou vervolgers met minagting hanteer. Petrus moedig egter ‘n ander lewenshouding aan: Dat gelowiges erns neem met ‘n
-
Boodskap vir die week
Binne en buite, ‘n belangrike keuse Elke gemeente moet van tyd tot bepaal of dit nog werklike getroue volgelinge van Christus is… dissipels… gedissiplineerd en gehoorsaam aan die wil van Christus vir sy mense. Die Hebreërbrief bied vir ons duidelike maatstawwe waaraan ons onsself kan meet. Is ons nog werklik die soort kerk waarmee Christus tevrede is? In Hebreërs 13 word die feit dat die tempeloffers buite die stad verbrand is, opgehaal. Die stad met sy poorte en mure was die ruimte
-
Boodskap vir die week
Prediker 3: 9-15 Die Prediker was ‘n man wat alles in hierdie wêreld nagevors het in sy soeke na die sin van die lewe. In hoofstuk 2 lees ons dat hy homself op intellektuele vlak verruim het met kennis. Hy het geregtigheid nagespeur. Hy het die kreatiewe dimensie van menswees ten volle probeer: die kunste en kultuur. Hy het vir hom rykdomme vergader en aan die plesier van die lewe oorgegee. Sy slotsom? “En kyk, alles was sinloos en ‘n gejaag
-
Boodskap vir die week
Psalm 40 Daar is niks soos die begin van ‘n nuwe jaar wat ons help om skielik ‘n nuwe blik op ou probleme te kry nie! Dit is nie waar van al ons sorge nie, maar dit help ons soms asemskep oor sekere sorge wat ons gedagtes besig hou. In Psalm 40 het ons te doen met ‘n Psalm wat bekend staan as ‘n Psalm van “her oriëntering”. Dit wil sê, dit is ‘n Psalm wat ‘n beskrywing gee van ‘n ervaring
-
Boodskap vir die week
Preekskets: Psalm 72 Ons staan hierdie week stil by Psalm 72. Dit is ‘n lied vir die koning en beskryf wat van hom verwag en gehoop word. Sentraal tot sy taak is dat die hy die reg sal vestig en handhaaf, veral vir onderdruktes, swakkes en hulpbehoewendes. Hoewel dit die koning is wat so beskryf en besing word, sien ons aan die einde van die Psalm dat dit eintlik God is wat magtige dade doen. Hy werk deur die koning om reg
-
Boodskap vir die week
‘n Meesleurende visie Die wêreld lyk of dit koersloos is, nie weet waarheen dit oppad is nie, en onbeholpe met sy energiekrisis omgaan. Die wêreld dink, bewustelik of onbewustelik die toekoms is donker. In die Bybel is daar baie voorbeelde van tye waarin mense ook so gedink het. Die toekoms is nagdonker. En telkens in hierdie verhale staan daar ’n dwaas op en praat oor ’n tyd anderkant die swaar, anderkant die lyding en krisis waarin hulle verkeer. Dit is asof die
-
Boodskap vir die week
Ons lees Deuternomium 6 Ons vier komende Sondag die Nagmaal sowel as Hervormingssondag en ons doen dit aan die hand van Deuteronomium 6. Die Hervorming was ‘n groot gebeurtenis in die wêreldgeskiedenis wat die kerk in die wêreld onomkeerbaar verander het. Nie net het daar ‘n nuwe kerktradisie, waarin ons staan, daaruit gekom nie, maar selfs die Katolieke Kerk het daarna sekere veranderings ondergaan. In Deuteronomium 6 lees ons van voorskrifte rondom die Israeliete se geloofslewe, dit handel oor om ‘n goeie lewe
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Filippense 4:10-20 “Here, gee my die kalmte om te aanvaar die dinge wat ek nie kan verander nie. Dapperheid om te verander wat ek kan en die wysheid om die verskil te ken.” Baie mense sal waarskynlik sê dat die moeilikste deel van hierdie bekende gebed die eerste deel is. Kom ons dink hieroor na. As Paulus sê dat hy geleer het om in alle omstandighede tevrede te wees (vers 11) dink hy ook aan daardie tye in sy lewe toe
-
Boodskap vir die week
Preekskets: Deuteronomium 1:19-36 Ons lees vandag die begin van Moses se toespraak in Deuteronomium. Die hoofstuk begin met ‘n beskrywing van die tyd en plek van die gebeure en dan begin Moses sy toespraak. Later in die toespraak gee hy aandag aan die wet, maar hy begin deur Israel te herinner aan hulle pad tot hier. Hierdie verhaal sluit in hoe die volk gegroei het en hoe daar verdere leiers aangewys is om Moses te help aangesien hy nie self die hele
-
Boodskap vir die week
1 Korintiërs 12 Wat is die gom wat alles bymekaar hou? Word hierdie gom al hoe meer skaars in die wêreld? Hoe pas ek en die kerk in hierdie prentjie in? Een van die heel eerste kerke sukkel met die diversiteit van hulle omgewing. Wat nog belangriker is, hulle sukkel om die egte geloof raak te sien by mense wat oppervlakkig van hulle verskil. Hulle sukkel om kerk te wees daar waar hulle geplant is. Paulus gebruik ‘n beeld om die beginsels te
-
Boodskap vir die week
Die boodskap vir vandag: Deuteronomium 16:1-17 Deuteronomium is op min van ons se gunsteling lys van Bybelboeke, en tog is daar baie om te ontdek as ons die groter verhaal daarvan in ag neem: Dit is in groot mate Moses se “aftreerede” net voor Israel die beloofde land ingaan. Daar gaan hulle ‘n samelewing van nuuts af moet opbou en Moses wil seker maak hulle doen dit in lyn met wat die Here wil, aangesien hy nie self daar sal wees
-
Boodskap vir die week
Ons lees: Lukas 15: 1 – 10 “Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.” ‘n Klag wat tot vervelens toe teen Jesus gerig word. Dit val dalk vervelig op ons ore, maar dit was allermins vervelig vir die gehoor rondom Jesus. Sy gewoonte om tyd te spandeer saam met interessante figure het nie op dowe ore geval nie - dit was opspraakwekkend. Teen hierdie agtergrond beantwoord Jesus een van verskeie groeperings wat ongelukkig was met sy lewenswyse. En hierdie antwoord laat
-
Boodskap vir die week
Die boodskap vir vandag: Psalms 111 en 112 Psalm 111 is ‘n loflied aan God en deur die Psalm word God se werk en wese deur die digter besing. Psalm 112 volg nie net op Psalm 111 nie, maar sluit eintlik ook daarby aan. Wat besonder opvalled daarvan is, is dat die fokus nou skuif na die mens wat in verhouding staan met die Here soos Hy bekend gemaak word in Psalm 111. Te midde van die besondere beskrywings van wie God
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Matt 13:44-50 Die gelykenisse van die skat en die pêrel is ‘n dubbelgelykenis – dit wil dieselfde hoofgedagte tuisbring. By beide gelykenisse val die klem op die verrassingskarakter en die genadekarakter van die vonds. Dit wat na die objek lyk (skat en pêrel) is inderwaarheid die subjek van handeling. Dit dui op God wat ons opsoek in sy grote genade en dat dit midde-in die mees gewone daaglikse arbeid met ons kan gebeur dat dit meteens hemel op aarde word. Dit
-
Boodskap vir die Week
Eksodus 32 Moses spandeer tyd saam met God bo-op die berg Sinai. Onder in die vallei is God se gemeente besig om ongeduldig te broei oor die oënskynlike afwesigheid van God. Soos wat Moses met die tien gebooie van die berg afdaal, so styg die ongeduld in die vallei tot oproerigheid, en uiteindelik tot opstand teen die heel eerste gebod. Soos wat die goue kalf gestalte kry, word die tien gebooie teen die grond stukkend gegooi. Daar is egter meer aan die
-
Boodskap vir die week
Geloof Ons leef in ‘n tyd waarin ons geloof openlik bevraagteken word. Baie onlangs het daar ’n boek verskyn met die titel: Die slegte nuus van die evangelie: My reis na verlossing. Die boek is geskryf deur Dr Johan Retief, ’n voormalige leraar van die NG Sendingkerk. In 2020 het daar ook ’n boek van Dr Ben du Toit verskyn wat die bestaan van God bevraagteken, God Is daar ’n ander antwoord? Ben was ’n leraar van die NG Kerk tot
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Lukas 3:21-28 Tema: Die punt en die komma Ons neem vandag afskeid van Ds. Christo Wooding. Ons gemeente het sedert 1996 ‘n noue verbintenis met hom as bedienaar van die Evangelie in die Oos-Kaap (Transkei). Afskeid bring altyd mee dat dinge tot ‘n punt kom. Na die afskeid is daar niks meer te sê nie. Aan die einde van die sin staan ‘n punt. En baiekeer gaan daarmee ook saam die ervaring dat sinvolheid self tot ‘n punt gekom het. Ja, punte is
-
Boodskap vir die week
2 Konings 4:8-37 Frederic Leighton – Elisa genees die seun van Sunemmitiese vrou Die verhaal van die seun van die Sunemmitiese vrou is deel van ‘n reeks wonderwerke waarby Elisa betrek is. Voor hierdie verhaal lees ons van die weduwee se olie, en na hierdie verhaal lees ons van ‘n giftige bredie wat eetbaar word en kos wat vermeerder word. Die verhaal het ‘n paar sterk karakters: Uiteraard is daar Elisa self, wat besluit om vir die vrou wat soveel gasvryheid aan hom
-
Boodskap vir die week
Ons lees uit Jesaja 63 Diep in die ingewande van ‘n vreemde land en in ‘n geestelike donkerte is daar gelowiges wat weer ‘n keer moet dink oor wat hulle glo, in Wie hulle glo, en wat dit vir hulle beteken. Ver van hulle geestelike tuiste dink die Israeliete oor wat hulle ballingskap in Babilonië vir hulle beteken. Hierdie gedeelte lees nie maklik vir ons nie, daar is verskeie verse wat ons verstaan van God uitdaag, en wat ons ook dwing om
-
Boodskap vir die week
Preekskets: Matt 7:1-12 Die uitspraak van Jesus dat ons ‘n balk in eie oog het, is ‘n bekende uitdrukking. Hierdie gedeelte is egter ‘n baie uitdagende een, en ook een wat oop is vir misverstande. In die verlede is vers 1 byvoorbeeld al gelees as ‘n verbod op alle oordeel. As mens egter na ander gedeeltes in die Bybel kyk, is oordeel ook nodig en vorm dit selfs deel van ons verantwoordelikheid as gelowiges. Met Jesus wat die fokus op die balk
-
Boodskap vir die week
Binnekamers, aanbidding en heiligmaking Vir tien dae het hulle Jesus nie weer gesien nie. Hulle koppe het gedraai en die onsekerheid het erg begin knaag. Wat nou? Wat nou van al die beloftes? Wat van al die goed wat Jesus hulle geleer het? Wat van al sy verwagtinge van hulle? Die dissipels was in ’n knyptang. Agter hulle was ’n buitengewone tyd saam met Jesus, voor hulle onsekerheid en ’n knaende gevoel van ontnugtering. En dan op die dag van die oesfees,
-
Boodskap vir die week
Openbaring 22 Openbaring 22 staan aan die heel einde van die Bybel. Alhoewel die skrywer van Openbaring nie geweet het dat sy brief daar ‘n plek sou vind nie, is dit besonders hoe die beelde en simboliek daarvan ooreenstem met die beelde en simboliek van die eerste hoofstukke van Genesis. Op ‘n manier word die inhoud van die Bybel omraam met die beelde wat ons in hierdie hoofstukke van lees. Dalk kan ons ook daarna kyk as waardevolle beelde om ons lewe
-
Boodskap vir die week
Daar is soveel dae wat ek moet opstaan terwyl alles in my skree om te bly lê of wanneer ek stil moet staan wanneer ek wil weghardloop. Daar is dae waarin ek my gesig van ellende wil wegdraai en ook dae waarin ek self die klip wil optel en die band aan die brand wil steek, weens magtelose frustrasie oor onreg en die wyse waarop dit oënskynlik ongebreideld voortduur. (Dr Tanya van Wyk – DIE BURGER, 4 Mei 2022) Hierdie ervaring
-
Boodskap vir die week
Psalm 30 is ‘n lied waarin die digter getuig van God se merkwaardige reddingswerk in sy lewe. Die vreugde en dank borrel helder na vore. Dit is in die woorde self te sien, maar in die Hebreeus kom dit selfs in die ritme van die gedig voor, wat een kenner beskryf as “restless and excited”. In verse 2-4 en 9-11 hoor ons van die nood waarin die digter al verkeer het en ook van die hulpgeroep wat na God uitgegaan het.
-
Boodskap vir die week
Daar is deur die eeue heen baie oor Tomas as persoon gedink en geskryf. Alhoewel daar al baie uiteenlopende antwoorde gegee is op die vraag wie Tomas (Aramese naam), Didimus (Griekse naam), nou eintlik was, is daar tog redelike eenstemmigheid oor die volgende kombinasie van karaktertrekke wat in sy persoon na vore kom. Tomas was ‘n nugter verstandsmens, die man wat met albei voete plat op die aarde geloop het. ‘n Mens hoor dit in sy woorde daardie laaste aand
-
Boodskap vir die week
Preekskets: Lukas 24:36-49 Vandag is Paasfees, die hoogtepunt van die Chirstelike kalender, en ons vier dit saam met gelowiges oor die wêreld heen. Ons bedink ook van die belewenisse van die eerste gelowiges, toe hulle die eerste keer die boodskap van Jesus se opstanding hoor en Hom ook toe weer die eerste keer na sy dood weer sien. Die gedeelte wat ons lees speel af die aand van Opstandingssondag. Na die verskriklike gebeure van Vrydag, het die vroue die oggend al getuig
-
Boodskap vir die week
Palmsondag “Hoekom palmtakke?” Dit is net een van die vrae wat Jesus se intog in Jerusalem by ons agterlaat. Hoekom nie vlae of baniere nie? Hoekom ‘n vaal dier soos ‘n donkie? Daar was goeie redes vir die detail van Jesus se intog, en elkeen van hierdie “materiële” details is relevant vir ons geloof in 2022. Die storie wat toe afgespeel het speel ook vandag af. In ons voorbereiding vir Groot Lydensweek en Goeie Vrydag kyk ons Sondag na dit wat daardie gebeure
-
Boodskap vir die dag
Sondag is die vyfde Sondag in Lydenstyd en die einde van Lydenstyd is in sig, ons begin al vooruit kyk na die gebeure rondom Goeie Vrydag en Paassondag. Ons staan egter hierdie week nog ‘n keer stil by die tema van Lydenstyd. Ons vier Lydenstyd, nie Lydingstyd nie – dit is ‘n tyd wat ons inruim in die kerk vir introspeksie, roeie en om weer nuwe perspektief op ons eie lewe, asook die van die mense rondom ons te kry. Ons
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Matteus 26:36-46 Jesus het dikwels Getsemane saam met Sy dissipels besoek (Johannes 18:2). Met hierdie besoek waarvan Matteus 26 vertel, stap Jesus saam met sy drie vertroueling-dissipels vooruit. Terwyl hulle nog so stap, het Jesus plotseling bedroef en beangs begin word. Noudat die lydensbeker maar ure verwyder was, noudat sy gevangeneming ophande was, nou kom dit van Hom: “My siel is diep bedroef, tot die dood toe.” Matteus en Markus meld dat Jesus op die grond geval het – ‘n
-
Boodskap vir die week
In Lukas 12 vertel Jesus ‘n paar verhale van God se oordeel, wat onverwags sal kom. Tussenin is daar ook verhale van God se besondere sorg vir mense. Die berig wat aan die begin van hoofstuk 13 aan Jesus gebring word, word deur Hom gebruik om verder te gesels oor die oordeel wat kom. Jesus se woorde in verse 1-5 maak duidelik dat mense nie moet werk met ‘n oorvereenvoudigde raamwerk waar tragedies in mense se lewe lynreg verbind moet word
-
Boodskap vir die week
1 Joh 1:1-4, Joh 17:20-23 en Handelinge 2:41-47 Ons 40 Dae reis het verlede week begin by God se liefde. Sy liefde is immers bepalend vir die onderskeie temas wat verder aan die orde kom. Vandag dink ons oor die koinonia, die gemeenskap tussen gelowiges. As ons na God se verhaal in die Bybel kyk is God regdeur besig om, as Hy mense na Hom bring, hulle ook na mekaar te bring. Veral in die NT breek Hy skeidings tussen mense af
-
Boodskap vir die week
Sleuteltekste: 1 Johannes 4:7-21; Efesiërs 3:14-19 & Galasiërs 5:22-26 Die volgende paar weke besin ons oor hoe God se grenslose liefde ons dring om oor grense op reis te gaan. Grenslose liefde ontspring by God Drie-enig. God die Vader 1 Johannes 4:7 (2020-vertaling, ook die ander tekste wat aangehaal word): Geliefdes, laat ons mekaar liefhê, want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Hierdie Bron is onuitputlik! Johannes 3:16: Want so lief het God
-
Boodskap vir die week
Preekskets: Jeremia 1 Marc Chagall: “Die profeet Jeremia” Die spreekwoord lui “Uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor”. Hoewel nie meer ‘n suigeling nie, was Jeremia besonder jonk toe die Here hom as profeet roep. Die woord wat gebruik word, word dikwels gebruik van ‘n seun jonger as tien. As Jeremia geweet het watter uitdagende bediening op hom wag, het hy hierdie roeping dalk nog heftiger teengestaan as wat hy reeds in hoofstuk 1 doen. Die opdrag in vers
-
Opsoek na nuutheid Geseënde nuwe jaar, of geseënde 2022. Dit is woorde wat jy onlangs waarskynlik baie gehoor het. Maar wat is regtig nuut aan die nuwe jaar? Daar word gepraat van 2022 as Twenty Twenty Too. Net nog ‘n jaar soos die vorige jaar en die vorige jaar. Die Hollandse teoloog JP Versteeg vra ook die vraag: Wat is nou so watswonders aan die nuwe jaar. Daar verander tog niks van die laaste dag van die een jaar na die eerste
-
Boodskap vir die week
Psalm 19 Nog nooit was die aarde so oorvloei met beelde nie. Ons word omring deur visuele media: TV-reekse, films, advertensies, musiekvideos, preke, praatjies, selfoonskerms. Nog nooit was die aarde so oorvloei met beelde nie, en tog, was ons al ooit so arm aan verbeelding? Die alomteenwoordigheid van geskepte beelde verarm ons eie vermoë om verbeeldingryk te dink, om verby dit wat vir ons oë aangebied te word, te sien. Die Psalms kom uit ‘n ander tyd uit – beelde is oorgedra in
-
Boodskap vir die week
Die teks roep ons op om ons te verbly in die Here (vers 4). En ‘n mens wonder by jouself: is dit moontlik om hierdie vreugde te ervaar as die impak van die afgelope jaar se knellende gebeure, die traagheid om tot aksie in die hede oor te gaan en die onsekerheid oor die toekoms ‘n verlammende greep op jou gekry het? Paulus is oortuig dat dit moontlik is om jou bly te maak in die Here. Hy praat uit eie
-
Boodskap vir die week
Lukas 7:20 “Is U die Een wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag?” Is die een wat hierdie vraag vra dan nie die een wie se pa stom geword het voor sy geboorte nie? Hy is dan nie die een wat voor Jesus se bediening begin het, geprofeteer het dat die Messias oppad is nie? Is hy dan nie die een wat vir Jesus gedoop het nie? Het Hy dan nie die stem gehoor en Gees wat neerdaal
-
Boodskap vir die week
Soms, soos nou, lyk die skepping vir ons weereens “woes en leeg”. Ons hoef nie lank te dink nie: Covid, armoede, optogte en stropery. In die afgelope twee jaar is ons, en eintlik die hele wêreld, ook gestroop van soveel aspekte van ons lewens: mense, verhoudings, werke, sekerheid, toekomsdrome. Jy kan vir ‘n oomblik sit en net aan jou eie lewe dink. Dit is egter nie die volle verhaal nie, daar is meer aan ons lewens as dit wat ons verloor
-
Boodskap vir die week
Wat laat jy na? Hebreërs 10: 11-25 Bob Buford se boek, Halftime, was ‘n internasionale topverkoper. Die subtitel is Changing Your Game Plan From Success To Significance. Dit is nie vreemd dat die boek so goed verkoop het nie en steeds in druk is nie, Wanneer ‘n mens ouer word begin jy immers dink oor die betekenis van jou lewe. Watter waarde het jy nou eintlik toegevoeg? Wat laat jy na? Almal van ons wil tog blywende betekenis hê, bydra
-
Boodskap vir die week
Eksodus 3:1-4:18 Nadat Moses die Here se aanvanklike plan verydel het en weggeloop het, sien ons hier dat die Here hom nie so maklik laat wegkom nie. Op ‘n dag, by ‘n brandende doringbos, keer die Here Moses weer aan en bring hom terug na Egipte. Die Here roep Moses en gee aan hom ‘n opdrag. Moses deins egter terug. Hy besef dat dit ‘n groot opdrag is en was moontlik bang dat hy nie sou kon doen wat van hom verwag
-
Boodskap vir die week
Markus 12: 28 – 34. Ons vier Hervormingsondag en Nagmaal. Dit voel of ons in strikvrae vas loop om elke hoek en draai. Strikvrae oor ons geloofsoortuigings – die wêreld verander so vinnig, populêre kultuur vrae soveel vrae aan geloofsoortuigings wat al duisende jare saam kom. Sake wat vir dekades, selfs eeue “uitgesorteer” was, is skielik nou oop vir bespreking, en mense soek antwoorde! Antwoord ek een vraag op ‘n spesifieke manier, word ek gekonfronteer omdat ek ‘n ander vraag op ‘n
-
Boodskap vir die week
Preekstudie: Efesiërs 4:25-5:5 en Spreuke 6:16-19 Om te kommunikeer is omtrent so deel van menswees soos om asem te haal. As sosiale wesens kan ons eintlik nie anders nie. Die Bybel, ook dan ‘n gedeelte soos Efesiërs wat ons vanoggend lees, is vol riglyne oor hoe ons as gelowiges moet kommunikeer, beide na binne en na buite die gemeente. En ons knik dalk maklik instemmend as ons hoor “praat mooi, praat die waarheid, praat opbouend”. Ongelukkig is dit alte maklik vir ons
-
Boodskap vir die week
Die Lam van God Die Lam van God is ‘n tema wat dwarsdeur die Bybel loop. Dit hou natuurlik verband met die offerkultuur van die Ou Nabye Ooste. ‘n Ongeskonde lam is as voorkeur offerdier beskou. Daar is ook gedagtes dat die metafoor sy oorsprong het in die Abraham-verhaal met die opdrag aan hom om Isak te offer as soenverdienste. Jesaja 53 se verwysing na die Lam van God wat as offer sou kom, sit hierdie tema voort. Johannes die Doper is
-
Boodskap vir die week
Psalm 8 sê dat die mens, as skepping van God, is iets met waarde, met aansien, met eer – net bietjie minder as ‘n hemelse wese. As kroon van God se skeppingswerke het God ‘n groot taak aan die mens opgedra. Verse 7-9 vertel wat hierdie taak behels. God het dit aan die mens opgedra om te heers oor die aarde en die natuur, die skape en die beeste, die voëls en die visse. Die geskiedenis het geleer dat die mens
-
Boodskap vir die week
1 Konings 19: In die stormwind, in die aardbewing en in die vuur. Bang en moedeloos vlug Elia die woestyn in, met opset en toewyding beplan hy om sy eie dood tegemoet te loop. Die redes verklaar hy selfs teenoor God: Dit wat hy moes verander het nie verander nie, daarom verdien hy nie meer die lewe nie. Hy vind skuiling op Horeb, die berg van God, en daar in ‘n grot van sy eie godverlatenheid wag hy op die teenwoordigheid van
-
Boodskap vir die week
‘n Boom by ‘n Waterstroom: Jeremia 17:5-8 Die NG Gemeente Welgemoed-boom staan al vir 50 jaar langs die groot Waterstroom. Ons takke het oor dié tyd welig gegroei. Daar was lentetye toe alles vrolik was, maar ook wintertye toe dit wou lyk of alles sterf. Die somertye was altyd vol feestelikheid en hoop. Die tye van afskakeling, nadenke en introspeksie was ons herfs. En so, deur die seisoene heen, het ons die vrugte sien kom en gaan. Baie kon daarvan eet. Hulle
-
Boodskap vir die week
Die hande van Wysheid - uit Spreuke 3. Die hande van die Here is ‘n algemene beeld in die Bybel, wat die aksies en wil van die Here simboliseer. Op verskeie plekke leer ons hoe God met sy hande skep soos ‘n pottebakker, hoe hy ons met sy hande vashou soos die pa van die verlore kind. Hier in Spreuke 3 lees ons ook van die hande van Wysheid – die regterhand en die linkerhand waaruit ons die vrugte van wysheid ontvang. Interessant
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Matteus 25:14-30 Hierdie gelykenis vertel van ‘n man wat op reis gaan en sy besittings aan sy slawe toevertrou. Aan een gee hy vyf muntstukke, aan ‘n volgende een gee hy twee en aan die derde slaaf gee hy een. Hy deel die muntstukke uit volgens elkeen se bekwaamheid. Die slawe wat onderskeidelik vyf en twee muntsukke ontvang het, het dadelik daarmee gaan werk en die wins verdubbel. Die slaaf wat een muntsuk ontvang het, het egter ‘n gat in die
-
Boodskap vir die week
Identiteit Die mensdom is in die moeilikeheid. Die wêreld het immers binne ‘n kort tyd radikaal verander. Die mikroskyfie het ‘n era ingelui van blitsbeelde wat binne breukdele van sekondes versprei oor die wêreld, internet kommunikasie, sosiale media en die vierde industriële revolusie. Alles en almal word daardeur beïnvloed en daar is nêrens om heen te vlug nie. The future ain’t what it used to be. Dié sêding word aan verskillende mense toegeskryf. Maar wat dit sê is dat ons verwagtinge
-
Boodskap vir die week
Preekskets: Efesiërs 6:10-20 Die Christen se wapenrusting is ‘n beeld wat baie van ons uit ons kinderdae onthou. Die verskillende dele van die uitrusting vorm ‘n baie lekker en kreatiewe kategeseles. As mens nou egter daaroor dink, is dit tog ook ‘n vreemde beeld om van toepassing te maak op ‘n Christen: Kernelemente van ons geloof gaan immers oor versoening en vrede. Die boek Efesiërs onderstreep juis hoe verskillende mense deur Christus se werk bymekaar gebring word. En nou beskryf Paulus
-
Boodskap vir die week
Spreuke 9 Wysheid het vir haar ‘n huis gebou “Die oggendreën is soos die ou vrou se dans,” het my oupa altyd gesê, “dit hou nie lank nie”. Ek het geglo in hierdie stuk “wysheid” van die Oos-Vrystaat. Toe word ek dertig jaar oud en begin die gesegde verwyt, want my danse raak toe self al hoe korter en korter - ek is ook soos die Oos-Vrystaatse oggendreën. Op drie-en-dertig trek ons Kaapstad toe en ek besef hier werk daardie wysheid
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Psalm 27:4; Filippense 3:13 & Lukas 10:42 Wilhelm Jordaan skryf in die Die Burger (28 Julie 2021) dat al die ellendes wat ons tans ervaar tot die gevolg het dat baie se “hoopmeter” by ‘n wanhopige nul vasgesteek het. Ons is tans besig met ‘n reeks preke oor gebed. Daarom wil ek met u drie bedes deel oor hoe ‘n mens kan bid in ‘n tyd wat jou “hoopmeter” op nul staan. Bede 1 (Psalm 27 vers 4: “Net een ding
-
Boodskap vir die week
Kan dit die antwoord wees? Dit is waarskynlik net so niksseggend om te sê ons gaan deur moeilike tye as wat dit veelseggend is. Almal weet dit immers. Jy sê niks nuuts nie en niks wat enigeen nie alreeds weet nie. Tog is die moeilike tye verbysterend ontwrigtend. Dit sê dus ook so baie wanneer ons sê ons gaan deur moeilike tye. Trouens, in Suider-Afrika was Julie ‘n báie moeilike maand. Swaziland is ontwrig en lamgelê deur plundering en verset.
-
Boodskap vir die week
Preekskets: Matteus 14:13-21 Die verhaal wat ons vandag saam lees, is een wat meeste van ons vanuit Kinderbybel-dae al goed ken: Die verhaal van hoe Jesus brood en vis vermeerder sodat duisende mense kos kan hê. Ons lees hoe Jesus na ‘n stil plek gaan om alleen te wees na Hy hoor van Johannes die doper se dood, maar ‘n menigte mense volg Hom tog daarheen. Wanneer die dissipels voorstel dat Jesus die mense wegstuur sodat hulle kos kan gaan soek, antwoord
-
Boodskap vir die week
“In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was woes en leeg, en donkerte was oor die oerwater. Maar die Gees van God het oor die water gesweef,
-
Boodskap vir die week
Die verhaaltjie in Markus 8:22-26 is uniek aan dié evangelie. Opsig self is dit ‘n vreemde getuienis van Jesus se mag en dat Hy genesing bring. Die vreemdste vir ons is dalk dat Jesus meer as een “probeerslag” nodig het: Met die eerste aanraking begin die man te sien, maar sy sig is steeds onduidelik. Dit is eers met die tweede aanraking wat die man helder kan sien en onderskei. As mens egter die verhaal binne die breër evangelie plaas, kry
-
Boodskap vir die week
Die digter van Psalm 42/43 het ‘n ondervinding van die afwesigheid van God deurgegaan. Hy kla daaroor dat God hom vergeet en vewerp het. Soms was die oorsaak van dié Goddelike afwesigheid deursigtig, meer dikwels was dit nie die geval nie. Bydraende faktore tot so ‘n belewing van Godverlatenheid kon wees siekte, vervolging en lyding in die algemeen. Vanuit die gesigspunt van die Ou-Testamentiese mens was al hierdie dinge tekens van die dood wat die lewe binnedring. Die ervaring van die
-
Boodskap vir die week
Versoening “Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.” So sê 2 Korintiërs 5. Ons neem gewoonlik die opdragte van Jesus ernstig. Wanneer Hy ons roep tot barmhartigheid, dan antwoord ons met groot aksies. So het die kerk ook die opdrag om na al die nasies te gaan, nog altyd baie ernstig geneem. Maar ons het nie ‘n kerklike kommissie vir versoening nie- die Kommissie vir die Bediening van Versoening, nêrens in die kerk nie. Miskien is dit omdat ons
-
Boodskap vir die week
Habakuk: profeet van hoop in Hillbrow “Die profesie. Dit is wat Habakuk, die profeet, gesien het.” So word die boek ingelui, en dit wat volg is ‘n besonderse donker en aangrypende beskrywing van sy wêreld en hoe hy God se betrokkenheid daarin verstaan. Aan die een kant vertel Habakuk oor sy belewenis van ‘n God wat verwoesting toelaat, en selfs erger, verwoesting op mense toewens. Ons kan maklik vaskyk in hierdie negatiewe belewenisse en beskrywings en vergeet dat dit juis Habakuk is wat
-
Boodskap vir die week
PREEKSKETS: JOHANNES 20:19-31 Die gedeelte wat ons saam lees speel af die aand nadat Jesus opgestaan het. Ons lees dat die dissipels bymekaar was. ‘n Mens wonder oor die verskillende gedagtes en ervarings wat hulle dalk gehad het: Aan die een kant was daar die baie onlangse trauma van Jesus se kruisiging. Aan die ander kant was daar die nuus wat die oggend na hulle gekom het: Petrus en die geliefde dissipel was by ‘n leë graf, en Maria Magdalena het
-
Boodskap vir die week
Romeine 8:26-28 Taal vir die woordloses. Ons is uitgelewer aan taal. Nie net is dit ons primêre medium van interpersoonlike kommunikasie nie, maar dit is ook die mees algemene manier waarop ons kan kommunikeer hoe ons voel en dink oor sake wat eintlik onbeskryflik is. Sake soos geloof, ons persepsie van God, ons emosies, ons verliese en diepste vreugdes. Selfs ander kommunikasie middele, of maniere waarop ons as mense onsself probeer uitdruk, byvoorbeeld musieknote, simbole en visuele kuns, kan nie altyd beskryf
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Galasiërs 5:22 & Efesiërs 3:14-19 Dié vrug … die liefde. Grenslose liefde! Dink aan ‘n boom in volle drag, oortrek van die unieke vrug wat dit dra. Dink aan Christus wat die vrug van die liefde dra. Onberekenbare tonnemaat. Beskikbaar om na alle wêreldmarkte uitgevoer te word. Ons smag almal na hierdie vrug. Die Heilige Gees pluk dit en voed ons daarmee. Die Gees gee ook sommer vir elkeen van ons ‘n klompie ekstra vol mandjies sodat ons oral op
-
Boodskapp vir die week
Ons lees Johannes 15: 9 Die vyfde Sondag van Paastyd en Moedersdag. Ons sê dat die huis is waar die hart is, en ons weet dat die hart is waar die liefde bly. Dan kan ons ook sê: ons tuiste (soos home, nie net ‘n house nie) is daar waar liefde is. Ons tuiste, die plek waar ons tuiskom, is die plek waar ons liefde die eerste keer ontmoet, waar ons liefde die meeste ontmoet, waar ons liefde aanhoudend en keer op
-
Boodskap vir die week
PREEKSKETS: PSALM 22 Psalm 22 val in twee dele uiteen. In die eerste deel hoor ons die gepynde noodkrete van iemand wat ervaar dat God hulle verlaat het en die pleidooi dat God tog sal ingryp. Iewers gryp God dan in in die lewe van die digter en in die tweede deel van die Psalm hoor ons dan ‘n dank- en loflied wat as getuienis dien vir die geloofsgemeenskap en verder. Gelowiges hoor die eggo van die Psalm in die gebeure rondom
-
Boodskap vir die week
Lukas 15 In Lukas 15 is daar drie gelykenisse van Jesus oor verlorenheid, die gelykenis van die verlore skaap, die verlore muntstuk en die verlore seun. Die gelykenisse vorm deel van die sogenaamde ‘reisdokument’, dit wil sê die verhaal van Jesus se reis na Jerusalem waar Hy gekruisig sou word. Dit moet ook gelees word binne die konteks van die strydgesprekke wat Jesus met die Fariseërs en die Skrifgeleerdes voer. Hulle is beswaard (murmureer = dieselfde Griekse woord vir die murmereer
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Lukas 24:13-35 In hierdie episode word vertel hoe Jesus aan nog twee volgelinge verskyn. Verse 1-12 vertel van die eerste ontdekking van die leë graf en in verse 36-49 lees ons van Jesus se verskyning aan die versamelde groep dissipels. Verse 13-35 vorm ‘n brug tussen dié twee gedeeltes. Die twee volgelinge gaan weg van Jerusalem af. Hulle het die getuienis van die vroue oor die leë graf gehoor, maar het steeds nie verstaan dat Jesus uit die dood opgestaan het
-
Boodskap vir die week
Die gedeelte wat ons vandag saam oordink sentreer rondom Petrus en Johannes se toespraak voor die Joodse Raad. Hierdie geleentheid se aanloop begin reeds in Handelinge 3, waar Petrus en Johannes in Jesus se naam ‘n verlamde man genees. So ‘n merkwaardige gebeure trek natuurlik mense se aandag en dit gee geleentheid vir Petrus om die mense toe te spreek en die evangelie aan hulle te verkondig. Die wonderwerk, die skare mense en die apostels se verkondiging het egter ook die
-
Boodskap vir die week
Markus 16 Paasfees: Die ander helfte van die belydenis Uit die diepte van teleurstelling, ontsteltenis, onsekerheid, moedeloosheid, en ja, ongeloof, stap ‘n paar van Jesus se naaste vriende terug om sy liggaam te gaan versorg. Hulle glo, maar hulle geloof het verander op die kruisigingsdag. Soos wat ons op Goeie Vrydag ons geloofsbelydenis net ten dele bely, so was die geloof wat hulle voor die kruisiging gehad het, ook ‘n geloof ten dele. Want wie sou kon raai wat sou gebeur? En toe
-
Boodskap vir die week
“Geseënd is ons voorvader Dawid se koninkryk wat aan die kom is” (Mk 11:10) Palmsondag word dit genoem. Dit is die herdenking van die dag toe Jesus op die rug van ‘n donkie Jerusalem in is. Die verwagtinge was groot – ‘n nuwe koning, uit die stam van Dawid – en toe kom Hy op ‘n donkie. Sou hulle geweet het, sou hulle vergeet het… dat Sagaria voorspel het: “Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou Koning sal na jou toe kom. Hy
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Johannes 12:20-36 “Die tyd het gekom…” (vers 23). Die vreeslike uur van oordeel en die heerlike uur van verheerliking het gekom. Die Jode het Jesus reeds verwerp as Koning (11:53). Tog is daar ‘n sprankie van lig. Die heidense Grieke vra om Jesus te sien. Jesus het wel geweet dat Hy Koning oor alles en almal sou word, maar Hy het ook geweet dat Hy eers die kruis moes dra. Eers die kruis en dan die kroon. Dit is in hierdie oomblik
-
Boodskap vir die week
PREEKSKETS: JOB 28, SPREUKE 8:1-9:6 EN KOLOSSENSE 1:1-14 Ons sluit hierdie week ons 40dae reeks af met die tema “Van eiewysheid na wysheid”. Ons gaan vlugtig kyk na Job 28 en Spreuke 8-9:6 en gemeentelede word uitgenooi om self hierdie hoofstukke in geheel te lees. Beide vestig die aandag op hoe kosbaar wysheid is. Dit is meer werd as goud, silwer of koraal. Wysheid is so kosbaar juis omdat dit gaan oor praktiese lewensinsig. Dit is die vermoe om goeie, sinvolle besluite
-
Boodskap vir die week
Psalm 8, 13 en 30: Van sekerheid na helderheid Die Psalmboek is een van die rykste en diepste bronne van geloofsinsigte vir ons as gelowiges. Die Psalms beskryf ‘n verskeidenheid en diepte van geloofservaringe wat min ander bybelboeke by kan kers vashou. Ons lees van mense vir wie dit voel of hulle die goedheid van God in alle moontlike volheid beleef. Ons lees ook van mense wat voel asof hulle in die diepste duisternis moontlik gedompel is, mense wat godverlate en
-
Boodskap vir die week
Konsensus: Nehemia 2 Baie van die besluite wat ons neem, berus op konsensus. Konsensus gebeur wanneer daar ‘n gedeelde droom is of gedeelde waardes wat ‘n groep mense inspireer. Nehemia moes sterk genoeg konsensus ontwikkel met mense uit sy eie volk om die vervalle stadsmuur van Jerusalem te herbou. Dit was nie so maklik nie. Vrees vir die vyand wat weer kon toeslaan, was groot. Daar was ook allerhande samesweringsteorië. Ander het hulle blindgestaar teen wat in die verlede met hulle
-
Boodskap vir die week
Die besondere betekenis van 1 Korintiërs 13 kom na vore as ons dit lees binne die groter geheel van die brief aan die Korintiërs: Die gemeente het verskeie uitdagings beleef, waaronder partyskappe, meningsverskil en onsekerheid oor ‘n hele aantal sake. Paulus wil hulle help om hulle eenheid as gemeente te behou en hulle weg saam te vind. Hoofstuk 13 speel ‘n kardinale rol daarin deurdat dit vir die gemeentelede wys hoe lyk liefde in die geloofsgemeenskap en hoe dit alle
-
Boodskap vir die week
40-Dae Ons 40 Dae-veldtog begin vandag. Egte Gesprek. Vir gelowiges vind egte gesprek plaas wanneer daar diep geluister word na mekaar. Maar daar moet ook ‘n openheid wees om die fluisteringe van die Gees te hoor. Die Bybel is die bron van die Gees se leringe. In egte gesprek kom ‘n mens nie net in met al jou vooropgestelde idees en probeer ander daarvan oortuig nie. Egte gesprek is ‘n reis saam met ander om te onderskei. En ons onderskei as
-
Boodskap vir die week
Teks: Prediker 3. “Vir alles is daar ‘n vasgestelde tyd; daar is ‘n tyd vir elke saak onder die hemel.” Beplan God elke saak? Beplan hy die tragedie waarin ons onsself soms vasloop? Is hierdie ‘n antwoord vir al ons vrae oor lyding? Op ‘n manier is dit, maar dit is ‘n onverwagse antwoord. Die Prediker skryf wysheid, maar anders as ander wysheidsliteratuur wat soms volhou dat wysheid lei tot ‘n voorspoedige lewe, let die Prediker op dat dit nie altyd so is
-
Boodskap vir die week
DANKSEGGING EN GEBED VIR DIE GEMEENTE 9Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, 10sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, 11en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.
-
Boodskap vir die week 24 Januarie 2021
Boodskap vir vandag Iemand merk onlangs op: “Die onrus is hier, die rus is elders. Ek smag na stille vrede in my en om my, maar dit bly ‘n vrome wens, ‘n skim.” Voel u dalk ook so? Kom ons lees Psalm 62 en luister hoe hierdie Psalm praat oor die werklikheid van rus by God te midde van die werklikheid van onrus. Die werklikheid van onrus, die rusverstorende elemente Verse 4-5 beskryf die stormagtigheid van die lewe. Die psalmis is een man teen
-
Boodskap vir die week
Openbaring 4 Ons staan naby aan die einde van ‘n rowwe jaar. Ons weet dat ons almal deur ‘n ongekende tyd van vrees en onsekerheid is, en dat dit na alle waarskynlikheid nog nie verby is nie - volgende jaar mag dalk net so onvoorspelbaar en ontwrigtend wees. Ons almal staan in afwagting vir die “nuwe normaal”, en vir ‘n tyd in die toekoms waar die virus nie meer soos ‘n onverwagse skaduwee oor ons pad gaan kom nie. Dit is ook adventstyd
-
Boodskap vir die week
Preekskets: Jesaja 40:1-11 Jesaja 40 is die begin van die tweede hoofdeel van Jesaja. Die eerste hoofdeel fokus op die oordeel wat na Jerusalem kom. Met die aanbreek van hoofstuk 40 word afgelei dat die oordeel reeds getref het en nou fokus die boek op beloofde herstel. Die uitroep van “Troos, troos my volk” (v1, 2020 vertaling) stel die toonaard en bepaal die inhoud van die gedeelte. Die res van die verse spel uit hoekom die volk getroos kan wees te midde
-
Boodskap vir die week
Vrymaker Vryheid is een van daardie voorregte wat ons eers moes verloor voordat ons dit regtig na waarde kon skat. Tydens die grendeltyd het ons skielik besef wat ons gehad het. Net die verlies aan vryheid om te kan beweeg en na plekke te gaan waar ons wil, was al ‘n radikale verlies. Nou dat ons hierdie vryheid terug het, is ons verlig en wil ons ruim daarvan gebruik maak. Jesus word met baie name benoem. Hy word onder meer Here, Christus,
-
Boodskap vir die week
Preekskets: Efesiërs 1:15-23 Hierdie Sondag staan bekend as “Sondag van Christus die koning” en is die laaste Sondag van die kerklike jaar. Die jaar word dus afgesluit deur ‘n herinnering en bevestiging dat Jesus inderdaad die koning en heerser oor alle dinge is. Die gedeelte wat ons vanoggend saam lees is een van die gebede wat Paulus vir die Efesiërs bid. Een skrywer wys juis op die deurlopende atmosfeer van gebed in die boek as die mees opmerklike kenmerk daarvan. Die gebede
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Hebreërs 11:1-3, 27 & Genesis 13:1-18 Ons sit vandag aan by die nagmaaltafel. Elk van ons sluit by die nagmaal aan met eie emosies en behoeftes. Naas ons eie gevoelens is ons aan die tafel van die Heer juis ook bewus van die bemeenskaplike belewenis van ontwrigting in ons huidige omstandighede. Die ontstellende realiteite van finansiële ineenstorting, rassehaat, korrupsie, werksverliese, mense wat nie kos het om te eet nie en die virus wat ons gesondheid steeds verbete bedreig, wek ‘n gevoel
-
Boodskap vir die week
Ek en my huis, ons sal die Here dien: Josua 24 Hierdie beroemde woorde van Josua het vandag nog groot betekenis. Josua se leierskap is al oor die eeue as model voorgehou. Hy leef uit oortuiging uit. Hy weet wie hy is, omdat Hy weet aan Wie hy behoort. Daar is by hom geen onduidelikheid oor sy identiteit nie. Leierskap plaas ‘n mens dikwels in ‘n posisie waar jy nie weet waarheen nie, of wat die regte ding is om te doen
-
Boodskap vir die week
Eksodus 20 Dit is moeilik om die waarde van die tien gebooie vas te vat. Aan die een kant is dit in geheel ‘n stel reëls wat maklik ‘n persoon se hele lewe kan inrig, selfs ‘n groep of samelewing s’n. Aan die ander kant bevat elke gebod individueel ‘n magdom van betekenis, veral gesien in die lig van die tyd waarin dit ontvang is. Watter rol speel die gebooie in ons lewens vandag? Is daar sekeres wat se waarde nou veral
-
Boodskap vir die week
Klaagliedere 3:1 - 33 Die boek Klaagliedere is waarskynlik geskryf na die verwoesting van Jerusalem, die gepaardgaande ballingskap en die algehele trauma, verlies en onsekerheid wat die Judeërs ervaar het na hierdie gebeure. Die gedigte in die boek is meestal volksklaagliedere, maar in hoofstuk 3 skuif dit na die Klaaglied van ‘n enkeling. Die gedagtes verwoord in hierdie gedeelte, sou egter net so geldig wees vir die res van die volk. Die eerste deel van die gedig verwoord die digter se ontstellende
-
Boodskap vir die week
Die Here is by jou Die teenwoordigheid van die Here word dikwels as die rede genoem waarom ons behoort te kan voortgaan, oorleef of positief bly. Wanneer mense seer het, of verliese moet verwerk, of moeilike uitdagings moet hanteer, dan herinner ons hulle daaraan dat die Here altyd by ons is. Die vraag is natuurlik wat die werklike betekenis vir ons is dat die Here met ons is, dat Hy saam met ons op reis gaan, dat Hy teenwoordig sal wees
-
Boodskap vir die week
Skriflesing : Eksodus 32:1-14 Daar is ‘n soort stilte wat aangenaam is. Dink byvoorbeeld aan die stilte tussen mense wat mekaar reeds jare lank ken. Dit is ‘n stilte wat gevul is met teenwoordigheid en aanvaarding. Die teenwoordigheid van God bring ‘n soortgelyke gevulde stilte in ‘n mens tot stand. Dink byvoorbeeld aan Psalm 62:2: “Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil” (OAV). Teenoor hierdie stilte is daar ‘n ander soort stilte - daardie stilte wanneer God skynbaar
-
Boodskap vir die week
Hebreërs 6: 13 -20 Ons elkeen weet baie dinge. Ook oor ons geloofsoortuiginge, ons weet van sekere leerstellings, ons weet van sekere oortuigings, en ons weet van sekere geloofspraktyke. Van sommige goed weet ons, en ander goed is weer baie meer deel van ons, dit is meer as net weet, dit is deel van die manier waarop ons na die lewe kyk, deel van die manier waarop ons na mense kyk, deel van die manier waarop ons ‘n rede vind om
-
Boodskap vir die week
Frustrasie: Eksodus 17:1-7 Ons almal ken frustrasie… wanneer jy byvoorbeeld iets wil laat gebeur of iets wil hê wat jou ontwyk. Die afgelope maande was vol frustrasie. Ons wou ons vryheid hê. Ons wou ons regte uitoefen. Ons wou uitkom uit ons plekke waar ons vasgekeer was. Ons wou by ons geliefdes kom. Ons wou ons kinders of ouers sien. Ons wou aangaan met ons werk. Daar was baie frustrasie. En natuurlik sou ons dinge anders doen as ek en jy
-
Boodskap vir die week
Frustrasie: Exodus 17:1-7 Ons almal ken frustrasie… wanneer jy byvoorbeeld iets wil laat gebeur of iets wil hê wat jou ontwyk. Die afgelope maande was vol frustrasie. Ons wou ons vryheid hê. Ons wou ons regte uitoefen. Ons wou uitkom uit ons plekke waar ons vasgekeer was. Ons wou by ons geliefdes kom. Ons wou ons kinders of ouers sien. Ons wou aangaan met ons werk. Daar was baie frustrasie. En natuurlik sou ons dinge anders doen as ek en jy
-
Boodskap vir die Week
Eksodus 16:13-15 Ons het verlede week gehoor oor die aanbreek van ‘n nuwe tyd vir Israel toe die eerste Paasfees gevier is en hulle uit Egipte kon trek. Daarna volg die verhaal oor die tog deur die see en hoe God die Israeliete daardeur red. Meeste van hoofstuk 15 word gewy aan ‘n loflied oor God se wonderbare mag wat sy mense red. Die opwinding is egter van korte duur: Eers kom hulle by Mara waar daar aanvanklik nie geskikte water was
-
Boodskap vir die week
Eksodus 12: 1 – 20. Die begin van ‘n nuwe kalender Op Nuwejaarsdag is die gebruik om te dink aan die jaar wat voorlê, gewoonlik met die klem op die geleenthede en suksesse waarvan ons droom, en die jaar wat verby is as verwysingspunt. Vir baie mense is Nuwejaarsdag ‘n “reset” dag – op hierdie dag kan ons emosioneel afskeid neem van gebeure van die afgelope twaalf maande, dit gee ons ‘n kans om saam met die administratiewe verandering tussen kalenderjare
-
Boodskap vir die week
Vandag se Boodskap Die digter van Psalm 42/43 het ‘n ondervinding van die afwesigheid van God gehad. Hy kla daaroor dat God hom vergeet het. Bydraende faktore tot so ‘n belewing van Godverlatenheid kon wees siekte, vyandskap, vervolging en lyding in die algemeen. Sonde kon ook ‘n oorsaak wees. Vir die Ou-Testamentiese mens was al hierdie dinge die vyande van die ware lewe – tekens van die dood wat die lewe bedreig. Sulke ondervindings het veral by die psalmskrywers uitroepe van klag
-
Die boodskap vir die week
Vandag se boodskap Ons lees vandag Genesis 29:31-30:24 wat vertel van Lea en Ragel se kinders wat die stamvaders van Israel word. Daar is vele temas in die gedeelte waarop ons sou kon fokus, maar vandag kyk ons spesifiek na Lea se verhaal. In hierdie deel van Genesis fokus ons maklik op Jakob en sy verskillende ervarings. Ons ken dalk ook die verhaal van sy liefde vir Ragel. Lea skuif egter dikwels op die agtergrond. Deur haar verhaal oor te slaan, doen
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: 1 Kor. 13. Teks vir oordenking: “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde.” (vers 13) Daar is talle gebeure wat ons tans uitdaag om opnuut oor die geloof na te dink. Ons fokus op twee sake, naamlik: Kennisontploffing Die kennisontploffing van ons eeu het moontlikhede oopgemaak wat vroeër ondenkbaar was. Die wetenskap het ons geleer om die wêreld te beheer en te voorspel. Die moderne mens het skepties geraak oor die nut van
-
Boodskap vir die week
Boodskap vir vandag In Openbaring 2 en 3 lees ons sewe briewe wat deur Johannes aan sewe gemeentes in die vroeë kerk geskryf word. Die briewe het almal dieselfde basiese vorm, maar die briewe word aan elke gemeente met unieke inhoud geskryf en met ‘n uitsonderlike boodskap vir elke een. Die laaste brief, aan die gemeente in Laodisea, is ‘n striemende brief wat die gemeente op verskeie maniere sterk aanspreek. In een sin word die gemeente beskryf as blind, brandarm en
-
Boodskap vir die week
Jakob in die Jabbok Genesis 32:22-31 en 33:8-10 Die meeste van ons onthou waarskynlik die verhaal van Jakob uit ons kinderbybel dae. Hoe hy sy pa en Esau, sy broer, verneuk het met die velletjies aan sy arms. Hoe hy Esau sy eersgeboortereg laat weggee het vir ‘n pot lensiesop. En hoe hy gevlug het en by Laban gaan werk het om vir Lea te kry. Nou is Jakob na jare ‘n ryk man. Hy is oppad terug na sy broer, Esau. Hy
-
Boodskap vir die week
MATTEUS 13:1-9;18-23 TEMA: Saai saam met die Groot Saaiboer “Wie ore het, moet luister!”, sê Jesus in die gelykenis van die saaier, sodat die groot Saaiboer se boodskap honderdvoudig kan vrug dra! Die saad van God se Woord vat nie by almal op dieselfde manier grond nie. Vir dié wat afsydig staan, val die saad op die harde pad, waar Bose magte dit belemmer. Vir ander is dit soos met saad wat op klipbanke gesaai is, waar vlak grond geen
-
Boodskap vir die week
PREEKSKETS: Matt 17:14-20 Die gebeure in ons fokusteks speel af kort na die merkwaardige verheerliking op die berg (17:1-8) en terwyl Jesus op pad is na Jerusalem. Met hulle onvermoë om die besorgde pa te help lyk die dissipels maar sleg en Jesus het harde woorde vir hulle en die ander by hulle (v17). Met hulle bereidheid om by Jesus te gaan leer oor wat verkeerd gegaan het (v19) lyk die dissipels darem effens beter. Jesus gebruik die geleentheid om vir hulle
-
Boodskap vir die week
Eksodus 17: 1 -16. Waar is God? Israel word deur die Here uit Egipte uit gered, en die gemeenskap is oorvloedig dankbaar vir die afgooi van die juk van slawerny. Hierdie dankbaarheid en opgewondenheid oor ‘n nuwe Vryheid word egter nie gehandhaaf nie, en soos wat die werklikheid van ‘n trek deur die woestyn raak aan die liggame van die Israeliete begin ‘n nuwe vorm van ongeduld en ongelukkigheid posvat. Die vraag begin ontstaan of die God wat Israel bevry het
-
Boodskap vir die week
Romeine 8:1-17 De breede en de smalle weg, so staan die ou bekende prent bekend van die twee paaie- die een wat lei na die verderf en die ander na die hemel. Romeine 8 is seker een van die bekendste hoofstukke in al Paulus se briewe. Trouens, hy voer in hierdie hoofstuk ‘n sleutelargument oor die hart van die christelike geloof. En die argument begin met twee paaie waarop ons kan wandel. De pad van Chrisus is ‘n lewe waarin ons nie
-
Boodskap vir die week
Boodskap Vandag Skriflesing: Matteus 11:16-19, 25-30 Die uitsprake van Jesus in die gedeelte wat ons gelees het moet teen die volgende agtergrond verstaan word:Twyfel, kritiek en openlike vyandigheid teenoor Jesus en sy dissipels het al hoe sterker gegroei. Die deurlopende motief is die reaksie van die hoorders op die boodskappers van God. Jesus gebruik ‘n beeld om die reaksie van die Joodse leiers en die volk te beskryf. Hy skets die prentjie van moedswillige kinders wat oor die speletjies wat hulle speel onderling stry
-
Boodskap vir die week
Preekskets: Matt 9:35-10:5 en 10:34-11:1 Hierdie is die tweede lang “rede” van Jesus in die Matteus evangelie, na die Bergrede in hoofstukke 5-7. Na Jesus daar beskryf het hoe lyk ‘n lewe in sy koninkryk en in hoofstukke 8 en 9 verskeie wonderwerke gedoen het, kom Hy nou op ‘n punt waar Hy die dissipels uitstuur om self betrokke te raak by sy koninkrykswerk. Daarom dat hoofstuk 10 al Jesus se “sendingpreek” genoem is. Jesus gee vir hulle duidelike opdragte (verse
-
Boodskap vir die week
Prediker 11:8 – 12:7. Wysheid vir verandering Alles kom tot niks, sê die Prediker. Of altans, so het die Prediker eens gesê, maar wat sê hy vandag? Dit klink net te hopeloos om hierdie woorde ter harte te neem, dit druk net te swaar op ons gemoed om rond te loop en met hierdie woorde in ons harte in hierdie wêreld te oorleef. Dit is darem nie al wat die Prediker gesê het nie, en dit lyk nie of sy bedoeling was
-
Boodskap vir die week
Die samelewing van Jesus Skrifgedeeltes se ware betekenis word meestal eers gevind wanneer ons ‘n deeglike kyk het na die tyd en die omgewing waarin die gebeure afspeel. Belangrike vrae moet daarom gevra word wanneer daar oor die betekenis van Johannes 7 gedink word. Op watter stadium van Jesus se bediening speel dit af? Wat is die heersende politieke situasie van die tyd? Wat gaan aan in die godsdienstige- of kerkpolitiek van die tyd? Wie is die heersers en wat is
-
Boodskap vir die week
Boodskap Vandag: Drie-eenheidsondag Drie-eenheidsondag word gewoonlik op die eerste Sondag na Pinkster (en ook eerste Sondag in Koninkryktyd) gevier. Die klem val op die viering van die misterie van God as die vehoudingsmatige God. Skriflesing: Romeine 8: 15; 22- 28 & 31-39 Paulus skryf in Rom. 8 ‘n juiglied oor die liefde. Hy sing hierdie werwingslied oor die liefde sodat ons oë vir God se liefde kan oopgaan. Ons ken werwingsliedjies wat op TV gesing word. Mense sing dit met beelde wat reklame
-
Boodskap vir die week
Preekskets: Rom. 8:18-30 Met vandag se Pinksterfees sluit ons ons Pinksterweek af. Ons lees uit Rom. 8:18-30. Daar is baie waarby ons kan stilstaan in hierdie gedeelte, maar vanoggend fokus ons op vers 23 wat vertel hoe ons die Gees as “eerste gawe van God” ontvang het. Pinkster is afgelei van die Griekse woord vir “50ste” en dit was die Griekse benaming vir die “Fees van die weke” in die Joodse tradisie. Tydens hierdie fees is die viering van die oes gevier
-
Boodskap vir die week
Preekskets: Jesaja 58:13-14 Die idee van “sabbat” roep verskillende gedagtes en herinnerings by ons op. Dalk is die onmiddellike gedagte die vraag na die verband tussen die sabbat, Sondag en “die Here se dag”. Ouer lidmate mag dalk herinner word aan uitsprake soos “as jy op die Sondag brei dan steek jy die Here in die oog met die naald” of “jy mag nie swem nie” en hoe daar op ‘n Sondag streng beperkings was oor wat jy mag doen al dan
-
Boodskap vir die week
Broosheid as ‘n bate 1 Petrus is ‘n brief aan ontwrigte mense. Hulle word vervolg, verjaag, gespot, en verinneweer. Sommige van hulle word in tronke gegooi en ander word gekruisig of aan die brand gesteek. Hulle is bang, selfs beangs, sou ‘n mens kon sê. Hulle veiligste opsie is om in te smelt in die heidense samelewing waarin hulle in Klein-Asië woon. Hulle selfbeeld is boonop laag. Hulle verwagtinge van enige rol wat hulle kan speel in die samelewing is immers
-
Boodskap vir die week
Lukas 10: 25 – 37 ‘n Krisis soos die tyd waarin ons tans leef het ‘n manier om ou vrae op nuwe maniere te vra. Sedert die ontstaan van ons geloofstradisie worstel gelowiges met die manier waarop ons ons oortuiginge uitleef in die wêreld waarin ons leef. Hoe moet ons optree? Hoe moet ons lewe? En spesifiek vir 2020, hoe moet ons lewe in ‘n tyd sonder gelyke? Hoe moet ons lewe in ‘n tyd waarin daar so baie hartseer en swaarkry
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Johannes 21:1-14 Vir die dissipels lê Pase agter die rug. Hulle is by die see van Tiberias weer terug in die daaglikse groue werklikheid van arbeid op die visserskuite. Die lewe gaan meedoënloos voort te midde van onsekerheid oor die toekoms, midde in die naakte alledaagsheid van nuttelose arbeid, in die sieldodende roetine van nette uitgooi, en inhaal. Saam met die las van elke dag se arbeid dra hulle ook swaar aan die brokstukke van ervarings wat hulle saam met Jesus
-
Boodskap vir die week
Grendeltyd Die impak van die grendeltyd op ons almal se lewe is omvangryk. Die verlies aan die vryheid van beweging, kontak met mekaar, beperkte toegang tot lewensmiddele, onderlinge persoonlike versorging is maar enkele van die bekende implikasies. Maar dit bring ook ‘n verlies aan vertroue en sekerheid. Ons ís onseker, Wanneer gaan ons weer wat kan doen? Wanneer gaan die skole weer oopmaak? Wanneer gaan ek weer ‘n geliefde kan sien? Wanneer, wanneer, wanneer … In die Bybel lees ons van verskeie
-
Boodskap vir die week
Preekskets: Matt 21:1-11 Dit voel vreemd om vandag te lees van Jesus se intog in Jerusalem: Gewoonlik is dit ‘n geleentheid wat ons op besondere wyse in herinnering bring tydens ons Palmsondag diens maar hierdie jaar val dit heeltemal weg. Dit voel op een vlak eintlik onvanpas om na te dink oor ‘n feesvieringsgeleentheid want ons vier nie op die oomblik fees nie. Ons leef eerder skielik in ‘n tyd van onsekerheid, inperking en ‘n diepgaande omwenteling in ons wêreld. En tog
-
Boodskap vir die week
Boodskap vir die week – Esegiël 37: 1-14 Die Switserse teoloog Karl Barth was gevra om ná die rampspoedige tweede Wêreldoorlog die openingslesing te hou by ‘n groot kerkvergadering in Amsterdam. Die tema moes wees: Die chaos van die wêreld en God se heilsplan. Barth het begin deur te sê dat die tema verkeerd geformuleer is: ‘n Mens kan nie eers praat oor die chaos van die wêreld asof dit die primêre gegewe of feit is nie. Die orde moet omgedraai word.
-
Boodskap vir die week 15 Maart 2020
Boodskap Vandag Sleutelteks: Eksodus 17:1-7 Ander tekste: Genesis. 21: 19-20; Rigters 15:18-19 & 2 Konings. 3:4-27; Johannes. 4:13-14; Johannes. 19:28 Mense wat tot die dood toe dors is en vir wie God dan water voorsien om sy sorg en teenwoordigheid te bevestig, is ‘n tema wat deurgaans in die Ou Testament voorkom. Wat so wonderlik van hierdie verhale is, is dat God nie net water voorsien nie, maar dat die dors en water telkens ‘n geleentheid word vir die persone betrokke om te groei en
-
Boodskap vir die week
Ons glo in Een God Die God van Abram is Een God. Dit klink nie na ‘n groot stelling om te maak nie. Maar in die tyd van Abram in Genesis 12 was dit ‘n dramatiese oortuiging wat gedaag het. Anders as al die ander volke om hulle het Abram geglo in een God wat enkelvoudig is in sy wese. Die gode van Egipte was veeltalig. Daar was bv. Ra, die songod en Osirus en die vroulike god Nephthys. In Ur,
-
Boodskap vir die week
Boodskap vir vandag: Genesis 2:15-17 en 3:1-7 Die uittreksels uit Gen. 2 en 3 vorm deel van ‘n groter verhaal wat strek vanaf Gen. 2:4b tot die einde van hoofstuk 3. Hierdie is die sogenaamde nie-priesterlike weergawe van die totstandkoming van alle dinge. Naas hierdie weergawe, vind ons die ander “skeppingsverhaal” in Gen. 1:1-2:4a. Elk van hierdie weergawes het ‘n eie aksent en fokus. In Genesis 2-3 word die Here God (Yhwh Elohim), wat die materiële werklikheid gemaak het, op ‘n baie menslike
-
Boodskap vir die dag
Om God se roepstem vandag te hoor Lukas 9:23-27 verduidelik waaroor roeping eintlik gaan: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg …” Ons kan dus weet dat selfverloëning, die bereidheid tot kruisdra en die navolging van Christus noodwendige elemente van ʼn lewe as geroepene is. Sommige mense is geneig om vir ʼn eng persoonlike verstaan van roeping te kies. Hulle stel roeping gelyk aan die indiwidu se gawes en voorkeure. Roeping
-
Boodskap vir die week
In Eksodus 4:10-30 lees ons hoe God Moses se verskoning dat hy nie goed kan praat nie, teëwerk. God doen dit egter nie deur Moses se spraakgebrek te genees nie maar eerder deur Aäron te stuur wat (ten minste aanvanklik) as Moses se mondstuk sou optree. Aäron se bystand stel Moses in staat om die roeping wat God vir hom gee uit te voer. Dit is ook nie die enigste persone wat saam met Moses geroep word om Israel te
-
Boodskap vir die week
“Asseblief tog Here, stuur tog liewer iemand anders” Die Heilige Gees kan ʼn mens soms ontwrig. Ons is so gewoond daaraan dat Hy ons troos, of bemoedig, of ons help met volharding. Maar daar kom dae waarop die Gees ons tot stilstand bring met ‘n ontwrigtende opdrag. Dit is wat gebeur het met Moses. En met Petrus, Levi, Johannes, Jakobus en met miljoene ander gelowiges oor die eeue. So ʼn ontwrigtende oproep kan beteken dat jy gestuur word, gestop word waarmee jy besig is,
-
Booskap vir die week
Preekskets: Joh. 16:5-15 Verlede week het ons gehoor hoe God vir Moses, en vir ons, opnuut ontmoet en roep. Deur die Bybel word dit ook duidelik dat hierdie ontmoeting nie ‘n eenmalige gebeure is waar God ons roep en dan nooit weer met ons kommunikeer nie. God het juis ten doel om binne ‘n verbondsverhouding met mense op weg te gaan, met hulle gemeenskap te hê en voortdurend met hulle te kommunikeer. Die vraag ontstaan wel oor hoe God ons ontmoet en met
-
Boodskap vir die week
God roep mense God het die gekerm gehoor van die Israeliete in Egipte. Toe dink Hy aan sy verbond met Abraham, Isak en Jakob. Hy het die nood van die Israeliete gesien en dit ter harte geneem. Toe roep Hy ‘n man. So vertel Eksodus 3 die verhaal van Moses se roeping. Dit begin by God wat al lank vantevore ‘n verbond gesluit het, en by ‘n man wat voorberei is in die skool van die lewe. En die einde … die
-
Boodskap vir die Week
Teks: Filippense 3:7-21 Ons begin hierdie week met ons 40 Dae-reeks wat oor ons jaartema, naamlik “Vind jou Roeping” handel. Die gesprekke in die kleingroepe oor die tema van week 1 vind plaas vanaf Sondag 19 Januarie. Die kleingroepgesprekke en persoonlike oordenking van elke week se tema word telkens met ‘n preek oor die spesifieke tema afgesluit. Volgende Sondag (26 Januarie) kom die eerste tema, naamlik “Roeping begin altyd met ‘n nuwe ontmoeting met die lewende God. 6” aan die beurt. Vandag
-
Boodskap vir die week
Preekskets: Matt 3:13-17 Jesus se doop is ‘n verhaal wat vir die kerk oor die eeue al baie laat kopkrap het: Hoe kan dit wees dat die meerdere deur die mindere gedoop word (vergelyk Johannes se eie vraag in vers 14)? Johannes se doop het ook baie met bekering te make (vergelyk 3:1-12) – maar Jesus het nie bekering nodig gehad nie, so hoekom is Hy gedoop? Die uitdaging is groter gemaak deur verskeie dwaalleerstellings wat juis die doop van Jesus gebruik
-
Boodskap vir die week
In die eerste deel van die Romeine brief gee Paulus aandag aan groot teologiese temas rondom genade, verlossing en geloof. Na hierdie fondament stewig gelê is wys Paulus vanaf hoofstuk 12 wat die implikasies van hierdie temas is vir die Christelike geloofslewe. ‘n Belangrike deel hiervan is hoe gelowiges mekaar moet aanvaar en in vrede met mekaar lewe. Dit geld vir gelowiges uit die Jodedom sowel as vir gelowiges uit die heidendom. Ons kan ons moeilik indink hoe groot hierdie skuif was vir
-
Boodskap vir die Week
Teks: Romeine 13:11-14 Paulus gebruik die beeld van die nagwag wat die slapendes in die môre wakker maak met die woorde: “word wakker, kyk hoe laat is dit al!” God se wekker afgegaan! Met die môrerooi van Kersfees het die daeraad van die Goddelike heil aangebreek, die nag is aan die verbygaan. Die skynbaar nimmereindigende nag vol van duister, vol van geweld en trane, vol politieke dooiepunte, vol liefdeloosheid, ens. Hierdie nag word beëindig deur die nuwe gloed in die Ooste …
-
Boodskap vir die week
Kerstyd kom nader – dié tyd van die jaar wanneer ons in besonder nadink oor al die dinge wat Jesus na die wêreld en ons alledaagse bestaan gebring het. Dié dinge wat die lewe vir ons oor en oor die moeite werd maak. Filippense 4:4-9 praat veral van die vreugde en vrede wat Hy gebring het. Vreugde: “Verbly julle in die Here.” Maak julle bly in die nabyheid van die Here, die mensgeworde gekruisigde en opgestane Here Jesus Christus. Hy het gekom en die deure
-
Boodskap vir die week
Begin van voor af Die van ons wat met rekenaars werk, weet dat dit soms nodig is om nuwe programme ‘op te laai’. Dit gebeur gewoonlik wanneer daar ‘n nuwe toepassing’ ontwikkel is wat nuwe moontlikhede ontsluit. Dan kry jy die opdrag ‘restart’. Jou rekenaar gaan dan deur ‘n heropstellingsproses waartydens die nuwe program of toepassing geïntegreer word in jou sisteem. Die lewe vra ook soms van ons om nuwe inligting te verwerk, nuwe moontlikhede te ontsluit, nuwe uitdagings die hoof te bied,
-
Boodskap vir die week
Filemon In hierdie persoonlike briefie vra Paulus vir Filemon om sy slaaf, Onesimus, as ‘n broer te ontvang. Ons kan moeilik begryp watter radikale versoek hierdie was: In die antieke wêreld was ‘n slaaf gesien as ‘n stuk “lewendige gereedskap” en nie as ‘n mens nie. Nou versoek Paulus dat hierdie slaaf (wat heel moontlik weggehardloop het en Filemon ander skade berokken het) as ‘n familielid ontvang moet word. Paulus moet dus al sy oorredingsvermoë inspan as hy hierdie versoek
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Johannes 15:1-8 Die kern van Johannes 15 is ‘n dringende versoek van Christus dat ons as sy volgelinge getrou sal volhard in ons persoonlike verhouding met Hom. Ons leef in ‘n bepaalde tydsgewrig en konteks. Daar is mense wat “afskeid” neem van die Christendom en hul uittrede uit die kerk aankondig. Maar nog erger - daar is kerkmense wat in hulle hart Christus opgee, hulle verhouding met Hom verbreek, ophou om oor Hom te dink, ophou om Hom op hul ewenspad mee
-
Boodskap vir die week
Vandag se Boodskap - Lukas In die Evangelie van Lukas speel gebed ‘n belangrike rol met vele verwysings na Jesus wat bid. Lukas beskryf ook hoe Jesus se volgelinge hierdie ingesteldheid van voortdurende gebed in die Handelinge boek voortsit. In vandag se gedeelte leer Jesus weer sy volgelinge iets oor gebed. Aan die een kant lyk dit baie na dieselfde boodskap as wat Jesus in hoofstuk 11:9-13 probeer oordra: In beide gedeeltes maak Jesus duidelik dat indien gebrekkige, selfs slegte, mense dit kan
-
Boodskap vir die Week
Preekskets: Psalm 100 Psalm 100 is kort, maar kragtig. In ons Psalmboek is dit een van die Psalms wat meer gereeld gesing word en sy melodie word vir verskeie ander liedere ook gebruik. Die opskrif “’n Dankpsalm” som mooi die hele Psalm op: Dit is in geheel gerig daarop dat die volk feestelik hulle dankbaarheid tenoor God kan betuig. Soos vers 4 sê “Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam …”. As die Psalm
-
Boodskap vir die week
Jeremia 8:18 - 9:1 Jeremia is bekommerd oor die volk van die Here se afvalligheid. Met allerlei argumente sus hulle die volk sodat hulle voortgaan met hulle rituele en godsdienstige praktyke sonder om van harte die Here te dien. Soms klink dit of Jeremia die probleem sien, maar nie regtig raad het met sy volk nie. Dit is asof geen terregwysing en geen waarskuwing hulle beweeg tot dieper nadenke, verootmoediging en inkeer nie. Die volk word al meer verwond deur sy
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Jakobus 1:19-27 Jakobus verduidelik hier wat egte, suiwer godsdiens “voor God die Vader” is. Nie alleen is die “voor God” ‘n uiters bekende uitdrukking in die Ou-Testamentiese tradisies nie, maar in die Christendom sou dit in die vorm van ‘n lewe coram Deo (voor die aangesig van God) ook ‘n belangrike rol speel. Soos min ander uitdrukkings sou dit ‘n samevattende term word vir die essensie van die wandel met God. In die Ou-Testament kom hierdie motief in verskillende vorme voor. Dink byvoorbeeld
-
Boodskap vir die week
Lukas 15:1-10 Hierdie twee bekende gelykenisse sê iets van die hart van die evangelie – inderdaad, van die vroegste af het Christene uitbeeldings van Jesus as die Goeie Herder gemaak, wat daarop wys dat tekste wat sulke beeldspraak gebruik, van die begin van die kerk af vir ons spesiaal was. Daar is ‘n aanvoeling vir die gepastheid van die beeld. Die tweede gelykenis, die van ‘n vrou opsoek na ‘n verlore muntstuk, herhaal die idee van die herder. Jesus wys deur
-
Boodskap vir die Week
Psalm 74 Wat is die hooffokus van die erediens? Daar is verskeie antwoorde daarvoor. ‘n Verdere vraag sou wees hoekom ek en jy persoonlik erediens toe kom? Is dit om skaflik te lyk? Ontvlugting? Om God te loof en te prys? Wat van dat ons erediens toe kom om te huil? Psalm 74 is ‘n gemeenskaplike klaaglied. Dus, die gemeente van die Here het dit tydens klaagdienste saam gesing. Die Psalm vertel van die verwoesting van die Tempel en die swaarkry van
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Kolossense 3:1-17 Paulus praat met die gemeente in Kolosse oor ‘n verskeidenheid van Christelike deugde (3:5-17). In vers 16 doen hy ‘n spesifieke beroep op gemeentelede, naamlik dat hulle mekaar moet leer en onderrig. Dit moet gedoen word met “alle wysheid,” met ander woorde die wysheid wat die Gees gee (1:9). Dit veronderstel dat gemeentelede ontvanklik sal wees wat die Here deur ander vir hulle wil sê - dat hulle waarlik gewillig sal wees om geleer te word (“teachability”). Hoe onderrigbaar
-
Boodskap vir die week
Jeremia 1 Die roeping van ‘n profeet Jeremia se roepinsgverhaal is aangrypend. Nog voordat hy gebore is het die Here hom aan Hom gewy. Van die begin af is sy lewe op ‘n trajek geplaas om groot dinge in die Koninkryk van God te doen. Dit het natuurlik nie alles maklik gebeur nie. Jeremia speel eers die “ek-is-te-jonk-kaart”. Maar tevergeefs, sy roeping is sy roeping. Die vraag is natuurlik of Jeremia ‘n uitsondering was. Het God ander gelowiges van sy tyd ook
-
Boodskap vir die week
Preekskets: Hebreërs 11:1-12:3 Die boek Hebreërs is meesterlik saamgestel met die een deel wat in die volgende invloei. Teen die tyd wat daar by ons teksgedeelte gekom word het die skrywer al diep ingegaan op Jesus Christus as Seun van God en Seun van die mens, geskryf oor die gevaar van ongeloof en dan ‘n hele paar hoofstukke gewy om vir die gelowiges die uitmuntendheid van Christus se priesterskap en die betekenis daarvan te beskryf. Teen hoofstuk 10 se einde skryf hy oor
-
Boodskap vir die week
Skriflesing: Romeine 12:1-8 & Filippense 1:9-10 Die indruk bestaan soms dat veral Christene met ‘n gereformeerde agtergrond (te) min klem lê op die ervaringskant van die wandel met God. Ongetwyfeld het die gereformeerde kerke soos hulle sedert die ortodoksie van die 17de eeu ontwikkkel het, skuld aan hierdie persepsie. Tog is dit waar dat ‘n gereformeerde Christen nie per se minder vroom as ander Christene is nie. Onder die soberheid van baie gereformeerdes en hulle terughoudendheid om veel oor hul eie ervarings
-
Boodskap vir die week 4 Augustus 2019
Trou Die boek Hosea vertel van die volk van die Here se ontrou aan Hom. Dit is so erg dat die profeet hulle vergelyk met ‘n prostituut. Die Here is moedeloos met hulle. Hy wil hulle nie meer sy volk noem nie. Hy wil nie meer aan hulle verbind wees nie. Maar telkens, net wanneer Hy die verhouding met hulle finaal wil beëindig, besef Hy weer dat Hy vir hulle lief is en dat dit vir Hom bitter moeilik is om
-
Boodskap vir Sondag 28 Julie 2019
Preekskets: 2 Konings 6:8-23 Die temas van “sien” en “nie sien nie/blind wees” speel ‘n belangrike rol in die gedeelte wat ons vandag saam lees. Eerstens is daar die konings van Aram en Israel wat eintlik nie “sien” nie: Hoewel mens sou dink dat hulle as leiers insig sou hê (“sien”) skiet hulle altwee tekort in hulle optrede. Dan is daar Elisa se slaaf wat aanvanklik vaskyk in die Aramese leër. Maar die manier waarop hy kyk is onvolledig – hy sien
-
Boodskap 24 Maart 2019
Boodskap vir vandag! Ons gebruik graag die woordfrase “Wat geld nie kan koop nie” en verwys dan gewoonlik na goedgunstigheid en waardes soos ware omgee, deernis, vriendskap, lojaliteit, diens, eerlikheid, liefde, vrede en vreugde. Dis ‘n verwysing na wat waarlik die lewe mooier, gesonder en beter kan maak. Jesaja 55 is ‘n uitnodiging na ware lewe! ‘n Uitnodiging wat jou soekend roep! Kom, kom na My! Ek nooi jou! Kom, kom drink water! Kom, kom kry water verniet! Kom, kom koop nog meer, brood, melk, wyn! Kom,
-
Boodskap 17 Maart 2019
PREEKSKETS: Genesis 15 Abraham is hier nog bekend as Abram – die verandering kom eers wanneer die besnydenis as teken van die verbond ingestel word. Daardie verbond begin as belofte van God dat Abram se nageslag die beloofde land sal besit (Gen.12); word gesluit deur die verdeling van diere as offergawes (Gen.15); ontvang dan die teken van besnydenis (Gen.17). Vanuit Abraham en Sarah word Isak gebore, vanuit Isak en Rebekka word Jakob – later Israel – gebore, en vanuit Israel
-
Boodskap 10 Maart 2019
#KLEIN DINGETJIES Dink net hoe totaal anders en ’n totaal ander plek sal die wêreld wees: #as elke kind van God net sy deeltjie doen, #as ek hoop kan gee, #as ek vir mense kan sê: ‘Moenie bekommerd wees nie – daar is beter dae oppad’ #as ek vir mense kan sê: ‘Kom stap saam met my! Kom soek saam met my! Kom deel saam met my! Kom wees net saam met my!’. Hoe gee ek vir hulle hoop vir
-
Boodskap 3 Maart 2019
Sondag van Verheerliking Vandag is Sondag van verheerliking. Dit is die oorgang van Epifanie na Lydenstyd. Dit fokus op die verheerlikte Christus aan die begin van sy lydensweg. Eerskomende Woensdag is Aswoensdag wat die begin van die lydenstyd is. Die dag verwys natuurlik na die gebeure wat o.a. in Markus 9 beskryf word toe Jesus vir Petrus, Johannes en Jakobus saam met Hom na ‘n hoë berg geneem het waar hulle heeltemal alleen was. In Engelse Bybels is die opskrif van die
-
Boodskap 24 Februarie 2019
Vier die Goeie Nuus Die gelykenis in Lukas 14:15-24 beeld vir ons die kern van God se bedoeling met die mensdom as ‘n groot maaltyd uit. Die tema van die maaltyd kom op talle plekke in die Bybel voor. Jesaja skets die aanbreek van die Messiaanse era soos volg: “Op hierdie berg gaan die Here die Almagtige ‘n feesmaal gereed maak vir al die volke, ‘n feesmaal met die beste om te eet en te drink, goeie kos
-
Boodskap 17 Februarie 2019
Vertel: Dra die Goeie Nuus Week 4: Leef die Goeie Nuus. Johannes 10 In bylaag 3 van die 40Dae handleiding word die goeie nuus in ses bedrywe beskryf (die video is ook op ons YouTube kanaal beskikbaar). Daarin word verduidelik dat die kerk in die vyfde bedryf van God se groot storie leef – tussen Jesus se werk op aarde (vierde bedryf) en die voleinding waar God alles finaal sal nuut maak (sesde bedryf). Die voleinding en toekomstige lewe by God is
-
Boodskap 10 Februarie 2019
Jesus sien ‘n Siro-Fenisiese vrou raak en het empatie en deernis bewys (Markus 7). Wie het jy die afgelope tyd gesien wat deernis by jou wakker gemaak het? (PATOS) Ons leef in ‘n gebroke en gepantserde wêreld. Ons word geroep om die goeie nuus van Jesus binne-in ons alledaagse wêreld te vertel. Die boodskap van versoening, heelheid, vrede en genade en van geloof, liefde en hoop word aan ons toevertrou. Ons verbale en nie-verbale woorde en gedrag is ‘n
-
Boodskap Sondag 10 Februarie 2019
Boodskap Vandag - Skriflesing: Jesus sien ‘n Siro-Fenisiese vrou raak en het empatie en deernis bewys (Markus 7). Wie het jy die afgelope tyd gesien wat deernis by jou wakker gemaak het? (PATOS) Ons leef in ‘n gebroke en gepantserde wêreld. Ons word geroep om die goeie nuus van Jesus binne-in ons alledaagse wêreld te vertel. Die boodskap van versoening, heelheid, vrede en genade en van geloof, liefde en hoop word aan ons toevertrou. Ons verbale en nie-verbale woorde en
-
Boodskap Sondag 3 Februarie
Week 2 - Die Goeie Nuus vir almal Skriflesing: Rut 1:16-17; 2:10-13; 3:7-13; 4:13-17 Verlede week het ons nagedink oor die liefde van Christus wat ons dring. Ons ontvang Jesus se liefde en dit vloei deur ons na ander. Hierdie week kyk ons na aanleiding van Rut se verhaal hoe ontmoetings met ander plaasvind en wie die mense is na wie ons die liefde van Christus moet laat vloei. Wat leer die Rutverhaal ons oor ontmoetings met ander mense? 1. God werk deur die
-
Boodskap 27 Januarie 2019
Week 1 Die Goeie Nuus dring ons Lees 2 Korintiërs 5:11-21. 14Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het. 15En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is. 16Ons beoordeel dus van nou af niemand meer volgens menslike maatstaf nie. Al het ons Christus
-
Boodskap 20 Januarie 2019
Lukas 5:1-11 In hoofstuk 4 lees ons hoe die mense in Nasaret, Jesus se eie tuisdorp, Hom verdryf omdat hulle nie van sy boodskap hou nie. Hy keer terug na Kapernaum en van daar preek Hy onder andere ook langs die Gennesaretmeer (die see van Galilea). Anders as die mense van sy tuisdorp, is die mense gretig om God se woord te hoor. Die verkondiging van die evangelie is ook uiteindelik waartoe Petrus geroep word as hy aan die einde
-
Boodskap 13 Januarie 2019
Matteus 13:1-9; 18-23 Dit is altyd wonderlik om goeie nuus te hoor! Matteus 13 nooi ons om na Goeie Nuus te luister in die woorde: “wie ore het, moet luister.” Matteus word beskryf as die evangelie van Jesus. Die woord evangelie beteken goeie of blye boodskap, dus Goeie Nuus. Die Goeie Nuus is God se liefde wat in Jesus verskyn. Die Goeie Nuus is Jesus se geboorte, Sy lewe en bediening, Sy kruisiging, Sy opstanding, Sy verskyning in
-
Boodskap Sondag 9 Desember
Lukas 2:8-20 Die engelekoor sing ‘n lied oor die Goeie Nuus van vrede – “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het”. Die hemel en die aarde word in hierdie lied saamgebind. God en mense word in hierdie lied saamgebind. Eer en vrede word in hierdie lied saamgebind. Hierdie lied se boodskap word oorgedra aan herders, randfigure in die samelewing wat in die storie van God se
-
Boodskap vir die week 02 Desember
Skriflesing: Lukas 1: 46-56 Die engel Gabriël het die boodskap aan Maria gebring dat sy swanger sal word en ‘n seun in die wêreld bring. Nadat Maria dié boodskap ontvang het, hef sy ‘n loflied aan. Maria sing vanuit haar konteks waarin sosiale wanorde, magsmisbruik en politieke rampokkery aan die orde van die dag was, waarin die kloof tussen oormatige weelderigheid en matelose armoede groot gegaap het, waarin hierdie kloof deur ‘n houding van hoogmoed aan die een kant en ‘n
-
Boodskap vir die week 18 November
Boodskap vir Vandag Lukas 15:11-32 Lukas 15 is ‘n familieverhaal. Dit is ‘n verhaal wat baie al geinspireer het om liedjies soos Amazing Grace en Genade onbeskryflik groot te skryf en skilderye te verf soos die bekende Rembrandt se The Prodigal Son in 1669 en meer onlangs Sieger Köder se skildery (prent). In die skildery van Sieger Köder sien ons die vreugdevolle omhelsing van ‘n pa en sy jongste kind met die oudste kind wat met opstandigheid om die
-
Boodskap vir die Week 11 November
Skriflesing: Fil. 4:4-7 Filippense 4:4-7 vertel hoe dinge in ons lewe verander as Christus “nader” aan ons kom. Dit is soos iemand wat die deure oopruk waar agter ons met ons traagheid en angs sit en aan ons verklaar: Verbly julle, die Oorwinnaar is hier! Blydskap - nuwe lewensmoontlikhede. Hoe ontvang ons hierdie blydskap? Ons ontvang dit in Christus, in gemeenskap met Hom en deur Hom. Die gemeenskap met Christus skep die lewensruimte waarbinne die blydskap en vrede vir die gelowige
-
Boodskap vir die Week 4 November
Preekskets: Psalm 104 Psalm 104 is ‘n lieflike Psalm wat die grootsheid en die rykheid van die skepping besing. God se kreatiwiteit en sorg vir die skepping word uitgelig en dit is duidelik dat alles keurig aanmekaar gesit is. Die werk as geheel is ‘n digterlike uitdrukking van God se woorde in Genesis 1: “En God het gesien dit is goed”. Verse 1-9 fokus veral op God as die skepper en verse 10-23 fokus op God se voorsienige sorg
-
Boodskap Sondag 28 Oktober 2018
Boodskap – Hebreërs 4:12-16 ‘n God met empatie. Empatie beteken om iemand anders se pyn te voel, om jouself in iemand anders se skoene te plaas. God is nie ‘n ver-af wese wat ons menswees nie verstaan nie. God is deur Jesus en Sy Gees teenwoordig by ons en in ons. God ken ons. God praat met ons en Sy woorde is magtig en kragtig en kan beskryf word as lewend, aktief, energiek en produktief. Ja, dit
-
Boodskap 21 Oktober 2018
Psalm 55 Die lewe bied allerhande uitdagings. Dikwels is dit geleenthede tot groei en ontwikkeling. Dit gebeur egter ook dat daar tye is wat dit voel asof dinge te veel raak. Wanneer dit gebeur, reageer mense op verskillende maniere. Dit lyk asof dinge op ‘n stadium ook te veel geraak het vir die digter van Psalm 55. Hy ervaar druk en vyandskap teenoor hom (v2-6), maar hy sien ook soveel wanorde om hom raak dat dit hom heeltemal onder kry (v10-12).