Die kerkjaarkalender is ‘n rigtingwyser vir die geestelike pad van elke nuwe jaar.
Dit help om die balans tussen geestelike en alledaagse lewe te te vind.

NGK Welgemoed
Die kerkjaar word in ses fases verdeel
1
Epifanie (Filippense 2: 5-11)
vanaf 26 Desember tot na 6 Januarie
Dit is ‘n tyd om te dink aan die menswording van Christus (geboorte) en Sy lewe hier op aarde (Sy doop, leringe, doen en late) tot en met Sy Lydenstyd.
2
Lydenstyd (Handelinge 6: 3)
Februarie tot einde Maart
Daar is sewe Lydensweke (Sondae) voor Paasfees en dit begin op die Sondag voor Aswoensdag. Dit is ‘n seisoen van 46 dae waarin die kerk met vreugde, erns en pyn die versoenende sterwe van Jesus verkondig, sy lyding in herinnering te roep en daarop te reageer in voorbereiding op Paasfees.
3
Pase (Lukas 24: 5-7)
April
Wanneer is Paasfees? Dit is die vier dae wat begin by Heilige Donderdag en eindig by Paassondag. In hierdie raak ons opnuut bewus van van Jesus se dood wat vir ons na nuwe lewe lei.
4
Pinkster (Handelinge 1: 8)
Mei
Dit is die viering van die Drie-enigheid: God as die Vader met sy verlossingsplan wat Christus en die Heilige Gees insluit.
In hierdie tyd word veral klem gelê op gasvryheid aan vreemdelinge, dankbaarheid vir gawes, getuiging en gebed.
5
Koninkrykstyd (Filippense 1: 27)
Junie tot November
Die tydperk na Pinkster (tot en met Advent) is “gewone” tyd en staan bekend as Koninkrykstyd. Dit begin met Drie-enigheidsondag. In hierdie tyd vier ons die vestiging van die heerskappy/ Koninkryk en handelinge van die Drie-enige God in elke faset van ons lewe en die wêreld rondom ons. Ons taak in hierdie tyd is die gawes wat ons ontvang het elke dag met dankbaarheid uit te leef en te deel met ander.
6
Advent (Jesaja 9: 5)
Desember
“Advent” beteken letterlik “koms”. Ons berei ons voor om die Verlosser in ons lewens te verwelkoming met afwagting en vreugde.
Week 1 – verwagting / hoop
Week 2 – verkondiging / vrede
Week 3 – vreugde
Week 4 – reinheid / liefde