Welgemoed Kunstefees 2022
Hierdie is ‘n nuwe inisiatief wat ons graag ‘n jaarlikse instelling wil maak.
Die Welgemoed Kunstefees vind plaas vanaf 20 – 29 September 2022 in die Ouditorium van NG Kerk Welgemoed, Diasstraat 15.
PROGRAM
Dinsdag 20 September: Sandra Prinsloo met Kamphoer – 19:30, R 175 pp.
Donderdag 22 September: Boek-en-Koek – 10:00, R 120 pp.
Vier gewilde skrywers in gesprek met Madri Victor van Lapa Uitgewers: Francois Bloemhof (Kry vir jou asook Die duiwel maak my hart so seer) en Rudi van Rensburg (Monster) oor die tydsgees in misdaadfiksie. Ilse Verster (So lyk ‘n vrou…) en Elsa Winckler (Vroue van Kosmoslaan) met die tema Hoop vir stukkende vroue. Ilse se boek So lyk ‘n vrou… vertel van haar veertig jaar huwelik met ‘n narsis.
Vrydag 23 September: Johan Liebenberg en sy orkes met sy Neil Diamond vertoning – 19:30, R 175 pp.
Kos en wyn te koop vanaf 17:30.
Sondag 25 September: Erediens 9:00 – Gratis
Gesprek met An-Mari Do Carmo oor haar ontsnapping uit ‘n godsdiensgroepering waar sy gebuk moes gaan onder breinspoeling en manipulasie. Sy is die skrywer van Toe als groen was. Optrede deur Laerskool Welgemoed Seniorkoor. Kinderboekuitstalling nà die erediens met ‘n verskyning van Tippie, die Olifant.
Dinsdag 27 September: Jak de Priester op reis met kore – 19:00, R 175 pp.
Laerskool Totius junior- en seniorkoor, asook DF Malan Hoërskool koor.