Title Image

Woord vir die week vir 10 Februarie

Woord vir die week vir 10 Februarie

Week 3 Deel die Goeie Nuus
Lees Kolossense 4:2-6 in die Nuwe vertaling saam met die Direkte vertaling (2014): “Volhard in die gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid. Bid terselfdertyd ook vir ons dat God vir ons ‘n deur vir die Woord sal oopsluit om die misterie van Christus te verkondig – dit waarvoor ek in boeie sit – en bid dat ek dit met die regte woorde sal kan verduidelik. Tree met wysheid teenoor buitestaanders op, en koop die tyd uit. Julle woorde moet altyd in goeie smaak wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe om ‘n ieder en elk te beantwoord.”
Wat beteken die woorde … wag en koop die tyd uit? Wat ons sê moet van goeie smaak getuig, ons antwoorde moet smaak, sout in die lewe bring! Waar het jou woorde die afgelope week smaak gebring?
Dink na oor die rol van gebed in die verkondiging van die Woord en die Goeie Nuus. Bid saam: “Here gee vir my oop oë vir die mense wat u liefde nodig het. Here, help my deur u Gees om die Goeie Nuus te deel. Here, help my om die liefde van Christus uit te leef.”

Ds. Karlien van Wyk

Sorry, the comment form is closed at this time.