Title Image

Woord vir die week

Woord vir die week

Dr. Tanya van Wyk skryf in die Die Burger (4 Mei 2022) die volgende: Daar is soveel dae wat ek moet opstaan terwyl alles in my skree om te bly lê of wanneer ek stil moet staan wanneer ek wil weghardloop. Daar is dae waarin ek my gesig van ellende wil wegdraai en ook dae waarin ek self die klip wil optel en die band aan die brand wil steek, weens magtelose frustrasie oor onreg en die wyse waarop dit oënskynlik ongebreideld voortduur. Sy sluit haar artikel af met die vraag: Wat sal óns in staat stel om ons pad uit die moeras te vind? Ons gaan tydens die nagmaal nadink oor hoe die bemagtiging wat ons aan Sy tafel ontvang nie net vir ons help om uit die moeras te kom nie, maar ook hoe ons ander saam met ons op hierdie weg kan neem. U kan ter voorbereiding Filippense 1:10; Miga 7:18-20; 2 Korintiërs 18:1-15 & 1 Korintiërs 13:4a, 7d lees.

 

Sorry, the comment form is closed at this time.