Woord vir die week
Ons vier volgende week Kersfees met ons Kerssangdiens. Die Kersfees wat ons vier in 2021 is anders as die Kersfeeste wat ons in die verlede gevier het. Daar is by ons ‘n gedeelde bewussyn van dit wat skeef kan loop, van planne wat nie uit werk nie, van
ontwrigting, en bewussyn ‘n van gestroop wees. Ons vier Kersfees van 2021 ook met dit in gedagte: Hoe lyk ‘n Kersfees in ‘n tyd van gestroop wees? Wat is die boodskap, die waarde en betekenis van Kersfees in ‘n gestroopte wêreld?
Om Kersfees te verstaan in hierdie tyd gaan ons terug na die oorsprong van alles: na die Skepper en sy skeppingswerk. Ons gaan luister hoe die skepping groei uit God se hande uit, en hoe die mensdom se aandeel in hierdie skepping verbrou word. Dan gaan ons luister na die verhaal van die koms van die Kind – die verhaal van die herskepping van Sy kinders.
Sorry, the comment form is closed at this time.