Woord vir die Week
Jeremia 8:18-9:1
Die teks is die aangeduide Skriflesing vir volgende Sondag van die internasionale leesrooster, bekend as die Revised Common Lectionary. Die teks handel oor Jeremia se ervaring van die verval van God se mense in Juda. In Suid-Afrika in 2019 kan ons ons sterk vereenselwig met die noodroep van Jeremia. Dit voel vir hom amper asof God nie meer in Juda te vinde is nie. Hy soek na balsem in Gilead. “Is daar nie meer ‘n dokter nie?”, vra hy. Hoe sal sy volk gesond kom, wonder hy. Natuurlik wonder ons ook vandag oor die salf vir die wonde van ons nasie. Natuurlik wonder ons wat die dokter moet voorskryf vir Suid-Afrika. Maklike antwoorde is volop. Dalk is dit bitter medisyne wat gaan werk.
Sorry, the comment form is closed at this time.