Woord vir die week
Ons staan hierdie week stil by Psalm 22. Dit is ‘n Psalm wat dikwels in Lydenstyd en op Goeie Vrydag gelees word omdat ons in Jesus se verhaal, en veral in sy kruisiging, eggos van hierdie Psalm hoor. Daar is egter ‘n wending in die Psalm en dit eindig op ‘n oorwinnende noot, net soos die verhaal van Jesus uiteindelik verloop. Jy word genooi om in die komende week ‘n paar keer by die Psalm stil te staan: Wat resoneer tans met jou? Wat wil die Here vir jou dalk daardeur sê?
Sorry, the comment form is closed at this time.