Woord vir die week
Skriflesing: Lukas 24:13-35
Die twee Emmausgangers sê vir mekaar: Ons het so gehoop… (vers 21).
Hulle praat nog oor Jesus, dink nog oor Hom, vertel selfs vir die vreemdeling van Hom. Hulle kan hulle hoop nie heeltemal afskryf nie, maar tog is dit nie meer ‘n lewende, vreugdevolle hoop nie. Hulle word verskeur tussen hoop en realiteit.
Kom ons lees die komende week hierdie teks en dink na die oor hul ontmoeting met die vreemdeling.
Sorry, the comment form is closed at this time.