Woord vir die week
Volgende week sluit ons 40 dae reeks af met die tema “Van eiewysheid na wysheid”. Ons sou ‘n veelvoud tekste in hierdie verband kon lees. Tydens hierdie geleentheid fokus ons op die persoon van Vrou Wysheid in Spreuke en haar uitnodiging tot lewe. Ons kyk spesifiek na Spreuke 8:22-9:6, maar u kan ook deur die res van die Spreuke 1-9 gaan om meer oor haar te lees.
Sorry, the comment form is closed at this time.