Woord vir die week
Ons behandel volgende week die tema: Van kompromie na konsensus.
U kan ter voorbereiding 1 Kor 12:13 en Fil 2:1-2 lees. Konsensus wil balans en samehang vind in ‘n ingewikkelde kwessie, waarop daar ‘n verskeidenheid van legitieme perpektiewe is. U kan vir breër agtergrond hieroor Romeine 12-14 en 1 Kor 10-14 in die loop van die week lees. In hierdie gedeeltes sien ons die basiese beginsels van begrip, aanvaarding, akkommodering en eensgesindheid op praktiese maniere te midde van spanning en konflik.
Sorry, the comment form is closed at this time.