Woord vir die week
Josua 24: 1-3a en 14-24
Josua is as leier van Israel bekommerd oor die volk se verbintenis om God alleen te dien. En hy is baie ernstig daaroor. Daarom kry hy al die leiers byeen, die stamhoofde, die regters en die ampsbekleërs. Dan stel hy hulle voor die keuse: wil hulle die Here dien, of wil hulle voortgaan om ook ander afgode te dien. Hy soek nie sommer net ‘n ligtelike ja-antwoord nie. Hy wil hê hulle moet goed dink en seker wees wat dit beteken as hulle besluit om die Here alleen te dien. Josua is ‘n goeie leier. Hy stel sy posisie duidelik. “Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.” Ons word in hierdie dae met dieselfde keuse gekonfronteer. Ons sal weer ‘n slag goed moet dink wat dit beteken as ons besluit om die Here te dien.
Sorry, the comment form is closed at this time.