Woord vir die week
Ekodus 33:12-23
Ons behoefte om God se nabyheid te beleef, hou nie op nie. Maar in moeilike en onseker tye is dit selfs nog dringender. Ons is daarin nie anders as die mense van Israel nie. As ons Hom tog maar net kon sien. Die trek sou soveel makliker wees. Maar nou is Hy mos onsigbaar… of, is dit nie dalk ons wat nie kan sien nie? Om te kan sien, met oë van geloof, is so ‘n belangrike Bybelse tema. Dalk moet ons leer om in hierdie dae te bid: Here, open my oë, dat ek U kan sien.
Sorry, the comment form is closed at this time.