Woord vir die week
Ons lees hierdie week Eksodus 32:1-14 ter voorbereiding vir volgende Sondag se diens. Moses talm te lank na die sin van die volk op Sinaiberg. Hulle vra dan vir Aäron om vir hulle ‘n god te maak wat hulle kan lei. Aäron maak toe vir hulle ‘n beeld in die vorm van ‘n bulkalf en kondig aan dat ’n fees vir die Here die volgende dag gehou sal word. Hulle het die fees gehou en losbandig te kere gegaan (vers 6). Sommige teoloë oordeel dat dit ‘n Fees teen die vrees was. Kom ons dink in die loop van die week hieroor na.
Sorry, the comment form is closed at this time.