Woord vir die week
Ons lees Eksodus 12: 1-20
Die Hebreërs in Egipte kry vir lank swaar, en uiteindelik lyk dit asof daar vir hulle uitkoms gaan wees. Deur die werking van God, en die voogskap van Moses en Aaron, begin daar hoop op die horison verskyn. Maar dit is nie so maklik nie, en die geveg tussen God en die farao duur voort. Voor die tiende plaag gestuur word, het die Hebreërs hulleself en hulle huishoudings voorberei, en in Eksodus 12 lees ons van hierdie voorbereidings.
Hier gebeur egter meer as bloot voorbereidings vir ‘n plaag, die tafel word gedek vir ‘n nuwe verstaan van God en sy werk met gelowiges. Ons lees van ‘n nuwe kalender vir ‘n nuwe tyd wat aangebreek het in die skepping. Hoe gaan ons kalender lyk na ons huidige krisis? Dit word stadig lente om ons, hoe lyk dit in seisoene van ons geloof?
Sorry, the comment form is closed at this time.