Woord vir die week
Roeping
Volgende Sondag lees ons in Jeremia 1 oor dié profeet se roeping. Wanneer God jou roep om vir Hom ‘n taak te verrig of om ‘n bepaalde diens te lewer, kan dit dikwels baie ontwrigtend wees. Meestal is ons reaksie om terug te deins. Dit gaan darem net te veel van ons vra. Met Jeremia was dit nie anders nie. Hy’t onmiddellik begin verskonings uitdink met die klassieke “ek is te jonk, Here” voor in die ry. Maar die gesprek met God wat dan volg, is lewensveranderd. Die verskonings dra nie gewig nie. Die Here vra nie iets waarvoor Hy jou nie ook toerus nie. Roeping… die appél wat God op jou maak. Hoe sal ons dit dan weier?
Sorry, the comment form is closed at this time.