Title Image

Woord vir die week

Woord vir die week

Pinkster 2020

Hierdie jaar val Pinksterfees op die 31ste Mei. Ons sal oudergewoonte die week voor dit Pinksterdienste hê. Vanjaar sal ons ongelukkig nie in die kerk kan bymekaar kom en die sop en brood na die tyd saam geniet nie maar ons sal wel die aande aanlyn ontmoet. Ons uitsendings sal soos aangedui op die kalender om 19:15 begin en die kinders word genooi om ook in te skakel aangesien daar ook vir hulle ‘n spesiale boodskap sal wees. Die tema vir vanjaar is die “Sabbat” en die sub-temas sal in volgende week se Welgenoot verskyn. Mag dit vir elke gemeentelid ‘n vernuwende tyd wees.

 

Sorry, the comment form is closed at this time.