Title Image

Woord vir die week

Woord vir die week

Lukas 10: 25 -37

Ons lees hierdie week Lukas 10: 25 – 37.  Dit is een van die bekendste, dalk ook geykste Bybelgedeeltes.  Maar die Bybel het ‘n manier om ons te verras, selfs met dit wat ons dink ons heeltemal ken of verstaan.  Die verhaal van die Samaritaan is nie bloot ‘n verhaal wat Jesus vertel nie, dit is ‘n antwoord op ‘n vraag wat aan Hom gevra word om uit te daag, uit te lok, en te verneder.  Jesus se antwoord is meer as bloot ‘n verhaal met ‘n allegoriese verwysing na God, en ook meer as ‘n  voorbeeld wat ons wys hoe om met die volgende persoon op straat om te gaan.  In hierdie verhaal vind ons ‘n prent van hoe ons ganse lewenspad moet lyk.

 

Sorry, the comment form is closed at this time.