Booskap vir die week
Preekskets: Joh. 16:5-15
Verlede week het ons gehoor hoe God vir Moses, en vir ons,
opnuut ontmoet en roep. Deur die Bybel word dit ook duidelik dat hierdie ontmoeting nie ‘n eenmalige gebeure is waar God ons roep en dan nooit weer met ons kommunikeer nie. God het juis ten doel om binne ‘n verbondsverhouding met mense op weg te gaan, met hulle gemeenskap te hê en voortdurend met hulle te kommunikeer.
Die vraag ontstaan wel oor hoe God ons ontmoet en met ons kommunikeer. Kan ons ook ‘n doringbos te wagte wees? En
gebeur dit by herhaling as God se standaardkommunikasie met ons?
In God se almag sou Hy dit seker so kon doen, en in sy kreatiwiteit sou Hy ook vele ander vorme kon vind. Tog, soos dit in ons gids aangedui word, is daar ‘n paar algemene en deurlopende maniere waarop God God self keer op keer aan ons openbaar en ons lei. Dit sluit o.a. die Bybel, gebed en ander gelowiges in.
Die een konstante tussen dit alles is die Heilige Gees wat, soos ‘n meesterwewer die verskillende garings byeenbring in ‘n duidelike tapisserie, so ook die onderskeie “kommunikasiemiddels” in God se hande saam gebruik sodat ons God se stem kan hoor. Daarom lees ons vandag saam Joh. 16:5-15 waarin Jesus self
duidelik maak hoe die Gees die kerk en gelowiges se lewens sal lei. Mag ons hoe langer hoe beter na sy fluisterstem
Sorry, the comment form is closed at this time.