Boodskap vir vandag
Ons beskryf die maatreëls wat tans in ons land getref is as ‘n “inperkingstydperk” of ‘n “grendeltydperk”. Soos al verskeie keer oor die laaste paar weke gesê is, is dit ‘n uitdagende tyd. Die verlenging van die
inperkingstydperk na die aanvanklike 21 dae het dalk besonder hard getref en gemaak dat ons gevoel het die doelpale het geskuif net soos ons nader kom. Buiten die verskeie ander uitdagings wat genoem sou kon word, het hierdie maatreëls ook die potensiaal om ‘n groot effek te hê op ons psigiese gesondheid.
Dele van Paulus se lewe kan ook as “inperkingstye” beskryf word, tye waar hy letterlik agter slot en
grendel was omdat hy in die tronk gesit het oor sy werk vir die evangelie. Die Filippense brief is een van die briewe wat hy so uit die gevangenisskap geskryf het. Die merkwaardige van die brief is die vreug
devolle toonaard daarvan, soveel so dat uitleggers dit as die “vreugdesbrief” beskryf.
Die vraag wat dan opkom is hoe gebeur dit dat Paulus, te midde van sy inperking, soveel vreugde en vrede beleef? Die brief gee verskeie insigte in die verband en vanoggend dink ons saam oor die betekenis daarvan vir ons in ons tyd van inperking.
Sorry, the comment form is closed at this time.