Boodskap vir die week
Markus 12: 28 – 34. Ons vier Hervormingsondag en Nagmaal.
Dit voel of ons in strikvrae vas loop om elke hoek en draai. Strikvrae oor ons geloofsoortuigings – die wêreld verander so vinnig,
populêre kultuur vrae soveel vrae aan geloofsoortuigings wat al duisende jare saam kom. Sake wat vir dekades, selfs eeue “uitgesorteer” was, is skielik nou oop vir bespreking, en mense soek antwoorde! Antwoord ek een vraag op ‘n spesifieke manier, word ek gekonfronteer omdat ek ‘n ander vraag op ‘n ander manier beantwoord het.
In hierdie gedeelte van Markus word Jesus vir die soveelste keer in die evangelies ‘n strikvraag gestel, selfs net in hoofstuk 12 moet hy verskeie kere, en van verskeie partye bontstaan. Hy antwoord op so ‘n manier dat die skrifkenner in hierdie geval tot inkeer kom – en dan sê Jesus ‘n interessante ding vir die man: jy is nie ver van die koninkryk van God af nie. In die Bybel vir Almal word dit aangrypend vertaal: Jy verstaan nou amper wat dit beteken dat God koning is.
Help hierdie gedeelte ons met die strikvrae waarin ons vasloop?
Ons vier Hervormingsondag, ‘n tyd waar die kerk voor vrae te staan gekom het, en sekere antwoorde moes gee. Ons vier die Nagmaal, so gepas om dit die dag te vier nadat ons as geloofsgemeenskap saam geëet het by die basaar.
Sorry, the comment form is closed at this time.