Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Preekstudie: Efesiërs 4:25-5:5 en Spreuke 6:16-19

 

Om te kommunikeer is omtrent so deel van menswees soos om asem te haal. As sosiale wesens kan ons eintlik nie anders nie. Die Bybel, ook dan ‘n gedeelte soos Efesiërs wat ons vanoggend lees, is vol riglyne oor hoe ons as gelowiges moet kommunikeer, beide na binne en na buite die gemeente. En ons knik dalk maklik instemmend as ons hoor “praat mooi, praat die waarheid, praat opbouend”.

 

Ongelukkig is dit alte maklik vir ons om hierdie praktiese wegwysers te vergeet of te ignoreer in ons dag tot dag lewens. Die “wag voor die mond” is alte dikwels nie op sy pos nie en in plaas van kommunikasie wat opbouend is, is dit wat ons sê of deur liggaamstaal oordra afbrekend en oneg.

 

Die laaste paar jaar het daar egter nog ‘n kommunikasieruimte na vore gekom waar dit lyk asof mense, gelowiges inkluis, alle riglyne rondom goeie, mooi en selfs waar kommunikasie uit die venster uitgooi: Die van die lewe aanlyn.

 

Vanoggend word ons weer uitgedaag deur Efesiërs en Spreuke om te vra hoe ek kommunikeer, in persoon en aanlyn, en of dit die Here behaag.

 

Sorry, the comment form is closed at this time.