Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

1 Konings 19: In die stormwind, in die aardbewing en in die vuur.

Bang en moedeloos vlug Elia die woestyn in, met opset en toewyding beplan hy om sy eie dood tegemoet te loop.  Die redes verklaar hy selfs teenoor God: Dit wat hy moes verander het nie verander nie, daarom verdien hy nie meer die lewe nie.

Hy vind skuiling op Horeb, die berg van God, en daar in ‘n grot van sy eie godverlatenheid wag hy op die teenwoordigheid van God.  Drie groot natuurverskynsels ruk die berg van God aan sy fondamente, maar in nog die stormwind, nog die aardbewing en nog die vuur, lees ons, is die Here nie.  Wanneer die natuur se grootste magsvertoning verby is, is dit eers in die sagte gesuis van stilte waarin Elia vir God erken.

Hoe vreemd: die Skepper van die fondamente van die aarde en skeppende krag agter die bewegings van stormwinde, aardbewings en van vure besoek vir Elia in die dawerende stilte wat daarop volg.  Kan ons uit hierdie teks iets leer oor hoe ons geestelike aangemekaar gesit is?  Wanneer die lewe oordonderend word, waarheen gaan ons om skuiling te soek?  Waar gaan soek ons vir God op wanneer ons nie meer raad het nie?  Waarin verwag ons God om sy verskyning te maak?  Weet ons dat God ook vir ons kan ontmoet op die minder waarskynlike plekke en oomblikke?

 

Sorry, the comment form is closed at this time.