Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Die hande van Wysheid – uit Spreuke 3.

Die hande van die Here is ‘n algemene beeld in die Bybel, wat die aksies en wil van die Here simboliseer.  Op verskeie plekke leer ons hoe God met sy hande skep soos ‘n pottebakker, hoe hy ons met sy hande vashou soos die pa van die verlore kind.

Hier in Spreuke 3 lees ons ook van die hande van Wysheid – die
regterhand en die linkerhand waaruit ons die vrugte van wysheid ontvang.  Interessant dat ‘n groot deel van dit wat ons in Spreuke oor wysheid leer ook gaan oor hoe en aan wat ons met ons hande vashou in die lewe.

Wysheid is aan die een kant om te weet waaraan om aan vas te hou – dit wat sinvol en waardevol is.  Dit wat betekenis gee en in hierdie wêreld getuig van die Koninkryk wat om ons geskep is.  Dit is om styf vas te hou aan dit wat lewensgewend is, en aan diegene wat
lewensgewend is.

Wysheid gaan aan die ander kant ook oor waaraan om nie vas te hou nie, om dit wat sinvol mag lyk te deursoek en te verstaan vir wat dit is.  Om te kan sien wat nie waarlik waardevol is nie, en om daarvan te laat gaan.

Ons is in die laaste jaar gekonfronteer met keuses wat ons nog nooit moes maak nie, keuses waaraan ons nog nooit twee keer gedink het nie.  Onder andere is ons geforseer om te dink oor die goed waaraan ons gewoond is om vas te hou, en die goed waarmee ons eintlik sonder kan klaar kom, dit wat ons hande van kan laat gaan.

Wat is daardie goed waarvan ek moes laat gaan?  Wat is die goed waaraan ek moes vasklou?  Wat het ek geleer oor myself, my mense, my land, my verhouding met God?  Het ek in hierdie jaar uit die hande van Wysheid geput wat ek kon?

 

Sorry, the comment form is closed at this time.