Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Die verhaaltjie in Markus 8:22-26 is uniek aan dié evangelie. Opsig self is dit ‘n vreemde getuienis van Jesus se mag en dat Hy genesing bring. Die vreemdste vir ons is dalk dat Jesus meer as een “probeerslag” nodig het: Met die eerste aanraking begin die man te sien, maar sy sig is steeds onduidelik. Dit is eers met die tweede aanraking wat die man helder kan sien en onderskei.

 

As mens egter die verhaal binne die breër evangelie plaas, kry dit simboliese waarde waardeur Markus iets oor die dissipels sê: Ons weet hulle is deur Jesus geroep, maar ook hulle verstaan nie altyd wie Jesus is of waaroor sy Messiasskap gaan nie.

 

Mettertyd begin hulle “sien” wie Jesus is, soos duidelik uit Petrus se verklaring in 8:29 dat Jesus die Christus is … maar net daarna word dit duidelik dat Petrus se sig ook maar belemmer is: As Jesus begin verduidelik dat Hy moet ly en sterf, berispe Petrus Hom daaroor, en Jesus moet Hom skerp aanspreek. Petrus het dalk besef dat Jesus die Christus is, maar hy het ongelukkig nog die verkeerde idee daaroor.  Jesus gaan dan voort om die dissipels te lei en leer sodat hulle helder kan “sien” waaroor sy Messiasskap gaan.

 

Net soos die blinde man deur meer as een aanraking moes gaan om helder te kan sien, net so moet die dissipels maar meer as een keer deur Jesus gelei word om werklik te kan “sien” waarop dinge aankom. En ons?

 

Sorry, the comment form is closed at this time.