Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Markus 16

Paasfees: Die ander helfte van die belydenis

Uit die diepte van teleurstelling, ontsteltenis, onsekerheid, moedeloosheid, en ja, ongeloof, stap ‘n paar van Jesus se naaste vriende terug om sy liggaam te gaan versorg.  Hulle glo, maar hulle geloof het verander op die kruisigingsdag.  Soos wat ons op Goeie Vrydag ons geloofsbelydenis net ten dele bely, so was die geloof wat hulle voor die kruisiging gehad het, ook ‘n geloof ten dele.

Want wie sou kon raai wat sou gebeur?  En toe gebeur die ondenkbare, en die rabbi word vermoor.

En dan, uit die teleurstelling, onsteltenis, onsekerheid, moedeloosheid en ongeloof staan Jesus op, en daarmee saam die geloof van die eerste dissipels.  Op hierdie dag vier ons die opstanding, daardie gebeurtenis waarin ongeloof na geloof, teleurstelling na hoop, en ‘n halwe belydenis na ‘n vol belydenis verander.

Na ‘n jaar van teleurstelling, ontsteltenis, onsekerheid, moedeloosheid, en selfs ongeloof, het ons vandag die
geleentheid om te dink oor daardie oomblik waarop selfs die dood oorwin is.  En vandag in ons harte, is dit die ongeduld van ‘n ontwrigte jaar en lewe wat ons uit moet opstaan, en saam met die hele wêreld die res van die belydenis hardop bely.

 

Sorry, the comment form is closed at this time.