Boodskap vir die week
Openbaring 4
Ons staan naby aan die einde van ‘n rowwe jaar. Ons weet dat ons almal deur ‘n ongekende tyd van vrees en onsekerheid is, en dat dit na alle waarskynlikheid nog nie verby is nie – volgende jaar mag dalk net so onvoorspelbaar en ontwrigtend wees. Ons almal staan in afwagting vir die “nuwe normaal”, en vir ‘n tyd in die toekoms waar die virus nie meer soos ‘n onverwagse skaduwee oor ons pad gaan kom nie.
Dit is ook adventstyd in die kerk, in die Kerk regoor die heelal. Ons vier advent as ‘n tydperk van verwagting en hoop, ‘n tyd swanger met die moontlikheid van dit wat die geboorte en lewe van Christus vir ons gebring het. Lanklaas was die betekenis van hoop en verwagting so tasbaar soos nou nie.
Openbaring 4 kan vir ons lyk soos iets uit ‘n Hollywood-film uit, met drogbeelde en simboliek wat moeilik verstaanbaar is, hoe kan dit vir ons bystaan in hierdie tyd van vrees en onsekerheid, van hoop en verwagting? Hoe verstaan ons Openbaring 4 se vreemde wesens in hierdie tyd waarin ons daaglikse wese so vreemd geword het?
Sorry, the comment form is closed at this time.