Title Image

Boodskap vir die Week

Boodskap vir die Week

Psalm 74

Wat is die hooffokus van die erediens? Daar is verskeie antwoorde daarvoor. ‘n Verdere vraag sou wees hoekom ek en jy persoonlik erediens toe kom? Is dit om skaflik te lyk? Ontvlugting? Om God te loof en te prys?

 

Wat van dat ons erediens toe kom om te huil?

 

Psalm 74 is ‘n gemeenskaplike klaaglied. Dus, die gemeente van die Here het dit tydens klaagdienste saam gesing. Die Psalm vertel van die verwoesting van die Tempel en die swaarkry van die
inwoners van die land. Die volk erken hulle eie foute maar in rou eerlikheid vra hulle hoe lank die swaarkry moet aanhou. Hoe lank moet hulle ervaar dat God terug staan en hulle nie help nie? Hoe lank moet hulle gebuk gaan onder hulle vyande?

 

Ons land gaan tans gebuk onder verskriklike geweld, leed en
hartseer. Daar is baie wat ten hemele skreeu.  Ons kan ons ore toe druk daarvoor, in die erediens dit ignoreer en God probeer prys asof dit nie gebeur nie of ons nie raak nie. Psalm 74 wys egter op ‘n ander weg: Dit gee ons die toestemming en die woorde om in rou eerlikheid ons stemme by die noodkrete van die land te voeg.

 

Kom ons huil vanoggend saam.

 

Sorry, the comment form is closed at this time.