Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Eksodus 20

Dit is moeilik om die waarde van die tien gebooie vas te vat.  Aan die een kant is dit in geheel ‘n stel reëls wat maklik ‘n persoon se hele lewe kan inrig, selfs ‘n groep of samelewing s’n.  Aan die ander kant bevat elke gebod individueel ‘n magdom van betekenis, veral gesien in die lig van die tyd waarin dit ontvang is.

Watter rol speel die gebooie in ons lewens vandag?  Is daar sekeres wat se waarde nou veral belangrik is?  Hoe lees ons hierdie reëls, wat uit ‘n argaiëse wêreld kom, in die moderne wêrelde waarin ons woon?

 

Sorry, the comment form is closed at this time.