Boodskap vir die week
Die Here is by jou
Die teenwoordigheid van die Here word dikwels as die rede genoem waarom ons behoort te kan voortgaan, oorleef of positief bly. Wanneer mense seer het, of verliese moet verwerk, of moeilike uitdagings moet hanteer, dan herinner ons hulle daaraan dat die Here altyd by ons is. Die vraag is natuurlik wat die werklike betekenis vir ons is dat die Here met ons is, dat Hy saam met ons op reis gaan, dat Hy teenwoordig sal wees wanneer ons by die verwagte uitdaging kom.
Dit was die volk in die woestyn se uitdaging. Hulle trek al vir jare deur die woestyn Die hele tyd word hulle getroos met die teenwoordigheid van die Here. Maar die teenwoordigheid van die Here het nie insoverre hulle verstaan daarvan gemaak dat hulle makliker of gouer in die beloofde land. Wat is die wringkrag van die teenwoordigheid van die Here in jou lewe? Maak dit regtig ‘n verskil aan jou lewensenergie, onderskeidings, bewustelike belewenis van die gebeure om jou? Of is jy meestal onbewus van Sy teenwoordigheid? Ons moenie die wonderlike moontlikhede van hierdie waarheid onderbenut nie.
Sorry, the comment form is closed at this time.