Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Die samelewing van Jesus

Skrifgedeeltes se ware betekenis word meestal eers gevind wanneer ons ‘n deeglike kyk het na die tyd en die omgewing waarin die gebeure afspeel. Belangrike vrae moet daarom gevra word wanneer daar oor die betekenis van Johannes 7 gedink word. Op watter stadium van Jesus se bediening speel dit af? Wat is die heersende politieke situasie van die tyd? Wat gaan aan in die godsdienstige- of kerkpolitiek van die tyd? Wie is die heersers en wat is hulle motiewe? Het Jesus ‘n bepaalde motief wanneer Hy hier optree? Wie vertel die verhaal? Het die verteller ‘n bepaalde seining of motief wat sy weergawe van die gebeure beïnvloed?

Wanneer ons Johannes 7 dan lees, hoor ons die politieke en godsdienstige omgewing waarbinne Jesus hier optree, is onstuimig. En Hy het geen geringe aandeel in die onrus wat broei nie. Herodes, was “koning” van Galilea. Die Romeinse keisers het toegelaat dat hy daar namens hulle regeer.  Die Jode het Herodes gehaat. Maar in die tyd van Johannes 7 is hy skielik ‘n potensiële bondgenoot van die Fariseërs van die Joodse Raad. Hy het hulle seuntjies laat doodmaak oor Jesus. Bid jou aan, hy word ‘n
bondgenoot van die Jode. Nou dat hy hoor dat Jesus al meer
aandag trek in Galilea, nou dat die Joodse Raad of Sanhedrin ook bang is oor Jesus se gewildheid, nou is hulle kop in een mus.  Die Jode het nou, net soos Herodes, geen twyfel daaroor dat Jesus geëlimineer moet word nie. En hulle is magtig genoeg om dit te doen. Met Herodes aan hulle kant, ook met die Hoëpriester aan hulle kant, met die mag  wat dit hulle gee, sal hulle korte mette met Jesus maak. Hulle is so magtig dat hulle selfs hulle eie wette kan “aanpas” om hulle doel te bereik. Hulle haal die Wet net
selektief aan, soos dit hulle pas. Hulle verkies om die geskiedenis te verdraai om hulle te pas. Hulle luister ook nie na die beskuldigde nie. Hulle wil nie praatjies maak nie. Hulle wil net van Hom ontslae raak. Dit is wat hulle pas. Hulle sal selfs die keiser intimideer.

Nikodemus se sin vir geregtigheid klink soos ‘n helder klok tussen al hierdie vals en woedende klanke. Hy is stroom-op. Hy vra vir geregtigheid. Hy vra dat die ander kant gehoor word. Hy vra dat die man se regte gerespekteer word. Hy steek sy nek ver uit. Hy word sommer dadelik verguis, afgemaak, persoonlik aangeval. Maar hy is ‘n profeet. Hy ken die Wet en hy weet dat God anders dink, meer verwag, anders liefhet.

Ons is ook profete, veronderstel om te wees. Ons behoort konsekwent te staan aan die kant van geregtigheid, ongeag… soos Nikodemus, maar veral soos Jesus. Ons ken immers vir Jesus.

 

Sorry, the comment form is closed at this time.