Boodskap vir die week
Lukas 10: 25 – 37
‘n Krisis soos die tyd waarin ons tans leef het ‘n manier om ou vrae op nuwe maniere te vra. Sedert die ontstaan van ons
geloofstradisie worstel gelowiges met die manier waarop ons ons oortuiginge uitleef in die wêreld waarin ons leef. Hoe moet ons optree? Hoe moet ons lewe? En spesifiek vir 2020, hoe moet ons lewe in ‘n tyd sonder gelyke? Hoe moet ons lewe in ‘n tyd waarin daar so baie hartseer en swaarkry is? Hoe lewe ons ‘n lewe wat goed is vir ons naastes?
Die gelykenis van die Samaritaan is een van die bekendste gedeeltes in die Bybel, as dit nie die bekendste gedeelte in die Bybel is nie. Dit kan maklik afgemaak word as ‘n voorbeeld vir hoe ons moet optree wanneer ons met vreemdelinge, of mense in nood, te doen kry, maar dit is soveel meer as dit.
In hierdie gedeelte gee Jesus ‘n antwoord op die vrae wat gelowiges het oor die maniere waarop ons ons lewens moet lewe. Hy skets twee prente, twee maniere waarop ons ons lewe kan aanmekaarsit, en wys vir ons hoe ons ‘n lewe lewe wat goed is vir ons naastes.
Sorry, the comment form is closed at this time.