Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Psalm 22    Ellende

Op Sondag 1 van die Heidelbergse Kategismus se jaarsiklus van 52 weke vra die belydenisskrif:  Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe? Dan antwoord die belydenisskrif: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort… Vraag 2 lui dan: Hoeveel dinge moet jy weet om in hierdie troos salig te kan lewe en sterwe? Die antwoord is: Drie dinge: Ten eerste, hoe groot my sonde en ellende is; ten tweede; hoe ek van al my sonde en ellende verlos word en ten derde hoe ek God vir so ‘n verlossing dankbaar moet wees.

In Psalm 22 beskryf die digter sy ellende baie grafies. Dit is omvattende ellende. Maar die kritiese punt daarvan is ’n diepbeleefde verwerping deur God. Totale verworpenheid is waarkynlik die diepste ellende wat ons kan beleef. Dit is nie vreemd dat Christus juis Psalm 22 aanhaal aan die kruis as Hy die diepe verworpenheid van God beleef nie. “My God, my God, waarom het U my verlaat.” Psalm 22 beskryf egter die ellende  nie net as ’n ervaring van verwerping nie, maar ook van verwonding en gebroekenheid.

In die lydenstyd moet ons ons ellende probeer snap. Jy sou dalk wou pleit vir iets meer positief. Maar die Kategismus sê as jy salig wil lewe en sterwe moet jy jou ellende verstaan. Hierdie ondersoek kan inderdaad lei tot ’n salige lewe. Dit verwys nie na saligheid na die dood nie, maar ’n salige lewe, nou. Hieroor sal ons goed moet nadink. Wie wil immers nou nie salig leef nie?

 

 

Sorry, the comment form is closed at this time.