Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

“God, my siel dors na U” – Psalm 63

 

Dawid was bekend met woestyn-ervarings – letterlike- en figuurlike ervarings van ‘in die woestyn wees’. Psalm 63 is een van die Psalms wat hy juis in so ‘n tyd in sy lewe geskryf het. Sy woestyn-ervarings was weens verskillende redes. By tye was dit a.g.v. HARTSEER – die afsterwe van sy geliefde vriend Jonatan en ook koning Saul gee aanleiding tot sy treurlied in 2 Samuel 1:17-27, wat vertel van sy ervaring van verlies. Ander kere is dit a.g.v. SONDE – sy ledigheid, sy vergrype aan mag, die daaropvolgende owerspel met Batseba en die hartseer nagevolge van Urijah se moord en ‘n nageslag wat die gevolge dra (2 Samuel 11-12). En ander kere weer a.g.v. LYDING – die pynlike verraad deur sy eie seun Absalom en die hartverskeurende uitroep van ‘n pa wat hoor sy seun is dood -2 Sam 18:33:

“My seun Absalom; my seun, my seun Absalom! As ek maar in jou plek kon sterf! Absalom, my seun, my seun!”

Dawid is bekend met woestyn-ervarings…! Net soos ek en jy…! Dikwels ook weens dieselfde redes – HARTSEER, SONDE, LYDING.

Ons dink Sondag na oor die vrae: “Wat maak Dawid in sy tye van DORS?” “Hoe help God vir Dawid in daardie tye?” “Kan ons by hom iets leer?” “Hoe help lydenstyd ons om nie maklike antwoorde te kry vir ons eie woestynervarings nie, maar om ‘n wyle daar te vertoef, die lydende Christus daar te ontmoet, en met lewende water ons dors te les?”

 

Sorry, the comment form is closed at this time.