Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Skriflesing: Efesiërs 5:6-20; Galasiërs 5:13-6:10

 

Ons dink hierdie week na oor lewegewende ruimtes. Ons besoek daardie ruimtes buite gemeentelike verband waar ons
lewensvernuwende ontmoetings met God en ander mense ondervind. Ons dink hier aan vriendskapskringe, sport en
ontspanning / kultuurkringe, die werkplek, die natuur en daardie onverwagse ontmoeting met ‘n vreemdeling.

Hoe benut ons die geleenthede wat in hierdie ruimtes op ons pad kom?

Gebruik elke geleentheid

Daar is gewoonlik baie verskonings om nie voluit te lewe nie. Veral in moeilike tye wil ‘n mens nie waag nie. Paulus moedig die
gelowiges in Efese aan om die beste van elke geleentheid gebruik te maak (Efes 5:16). Daar is geleenthede wat net een keer op ‘n mens se pad kom!

Verwonder jou opnuut

Ons is geneig tot wensdenkery omdat alles vir ons vaal en
vanselfsprekend geword het Ons raak so gewoond aan ander
mense, aan kos, aan die natuur en ander goeie dinge dat ons die wonderlikheid daarvan nie meer raaksien nie. Laat God jou denke vernuwe. Verwonder jou weer aan die Skepper se handewerk.

 

Geniet wat jy doen

Ons kan nie almal groot take verrig nie. Klein vervelige werkies maak ons soms gefrustreerd. Ons moet aan nietige werk waarde gee deur die manier waarop ons dit doen. Al kan ons nie groot dinge doen nie, laat ons wat ons ook al doen op ‘n grootse wyse
doen – vir die Here.

Die onverwagse ontmoeting

Daar kom onverwagse oomblikke wanneer die vreemdeling op jou pad kom. Jy ken hierdie persoon nie, maar jy is opreg dankbaar dat hy/sy welwillend jou tot hulp gekom het. Jy ervaar die vrug van die Gees in aksie. Die benouende situasie word verander in ‘n
lewensvernuwende oomblik.

 

Sorry, the comment form is closed at this time.