Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Lewegewende gesinne – Deuteronomium 6

Of jy self kinders het of nie, elkeen van ons is die kind van ouers. Ons het ‘n eie geleefde ervaring van ouerskap en ons weet dat ouerskap nie altyd makilik is nie.

Ouers maak dikwels foute, en die meeste van die kere is dit nie sleg bedoel nie. Ouerskap is egter nie bedoel om perfek te wees nie. Dit is eerder bedoel om, tussen deur die menslike pogings van opvoeding, veral ‘n ruimte te skep vir kinders om God te leer ken en te groei in hierdie verhouding. Maar hoe doen ‘n mens dit?  Waar begin ‘n mens?

Moses praat met die volk Israel net voordat hulle op die punt is om die beloofde land in te gaan. Hy is baie bewus van die uitdagings wat daar op hulle wag, en weet ook dat hy dit nie saam met hulle in besit gaan neem nie, maar vooraf gaan sterf. Daarom gee hy as’t ware sy laaste woorde aan hulle.

In Deut. 6 beklemtoon hy ‘n hele aantal sleutelpunte wat die volk in gedagte moet hou sodat die verhouding tussen die verbonds-God en die verbonds-volk gesond en lewend kan bly en hulle nageslag lank en gelukkig in die beloofde land kan woon. Jesus self haal ook Moses se woorde aan as Hy die wet opsom in Matteus 22:37.

Ons kyk Sondag saam na hierdie gedeelte, en hoe dit ons help om lewegewende gesinne te wees.

 

 

Sorry, the comment form is closed at this time.