Boodskap vir die week
Skriflesing: 1 Timoteus 6:11-19
Paulus beskryf soms die lewe van ‘n gelowige as ‘n stryd – wat dit inderdaad ook is. Maar hier beskrywe Paulus die geloofslewe
anders, naamlik as die wonderlike wedloop van die geloof. Die beeld wat hier gebruik word adem die opwindende atmosfeer van die stadion waar die atlete staan en trippel by die wegspringblokke. Met adrenalien gelaai tree die atlete aan – gereed om vining uit die blokke te kom. Ligvoetig en uitdagend.
Met hierdie beeld in gedagte rig Paulus die uitnodiging aan ons om aan die verruklike spel van die geloof deel te neem.
Maar Hoe?
- Deur te hoor dat God jou tot die wedloop geroep het, soos
atlete destyds een vir vir een by die naam na die
wegspringblokke geroep is. Op julle merke! Gereed! - Deur bewus te wees van die getuies wat jou juigend aanmoedig en met applous by die wenpaal begroet.
- Vermy die dinge wat kan hinder in die wedloop en die
opwinding bederf. “Jy … moet van hierdie dinge af wegvlug.” (11) - Geniet die wedloop. Ongelukkig is baie gelowiges dikwels geneig om aan die geloofslewe te dink as ‘n harde, veeleisende stryd , ‘n opdraande geveg teen die geweldige oormag van “die bose”, “die wêreld”, “die mense.” Paulus nooi na ‘n ander soort godsdiens, ‘n ander soort kerklidmaatskap. Word begeester deur die oorwinning wat wag. Onthou dat die stryd gestry is, dat die oorwinning behaal is!
- Behaal die ewige lewe as prys: maak werk van die ewige lewe. Begin te speel met God se moontlikhede van geregtigheid, vrede, en versoening in die gehawende samelewing wat ons maar té goed ken. Beproef die liefde van God wat gebroke
verhoudinge kan heel.
Jy is ook genooi. Kom neem gerus deel aan die speelse spel, die
plesier, die sport van die geloof.
Sorry, the comment form is closed at this time.