Boodskap vir die week
In God se handpalm – Jesaja 49:15-16
Vir ons Gr.1’s, 8’s en die klas van 2024 is hierdie jaar ‘n GROOT jaar. Hulle maak belangrike oorgange in hul lewens en dit is ‘n oomblik wat ons nie sommer net ongesiens wil laat verbygaan nie. Ons wil graag vir ‘n oomblik hier aan die begin van die jaar saam met hulle (en hul ouers) stop en vra: Waar kom ons vandaan? Wie is ons? en Waarheen is ons op pad?
Natuurlik is daar ook baie ander van ons wat by oorgange is en wat sal baat om vir ‘n oomblik stil te staan by die antwoorde op hierdie vrae.
Jesaja 49:15-16 kom help ons jongmense, en elke lid van ons geloofsfamilie (oud tot jonk) om onsself te oriënteer/her-oriënteer sodat ons met vrymoedigheid die nuwe jaar kan ingaan.
Roetemerker-dienste soos hierdie een is ‘n belangrike deel van ons viering van God se konstante en getroue teenwoordigheid en
herinner ons aan Sy genadige verbintenis aan ons met ons doop.
Sorry, the comment form is closed at this time.