Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

Tema: Ons is immers sy maaksels, geskep in Christus Jesus om goeie werke wat God voorberei het, te doen en daarvolgens te leef.” (Efesiërs 2:10)

Psalm 139:13&14

“Ek prys U omdat ek op ‘n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is …” (vers 14)

Die moederskoot is die plek waar ek deur God gevorm en
aanmekaar geweef is. Vir laasgenoemde uitdrukking gebruik die psalmis ‘n woord wat die fynste kunsnaaldwerk aandui. Maak nie saak wie of wat ons is nie. As die stof van die roes en die sonde wat ons aankleef effens afgewas word, staan dit nog steeds geskrywe : Made in heaven.

Psalm 103:14

“Want Hy, Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou in gedagte dat ons maar stof is.”

Ons is egter  broos en feilbaar? Dit weet ons goed. God hou dit in gedagte ons stof is. Ja, ons is God se maaksels, maar toe Hy ons gemaak het was die materiaal waaruit en waarmee Hy ons gemaak het: aardse stof, feilbare stof. Hy verwag nie van ons dat ons meer as stof sal wees nie. Daarom is Psalm 103 vol van sy vergifnis.

Efesiërs 2:10

“Ons is immers sy maaksels, geskep in Christus Jesus om goeie werke wat God voorberei het, te doen en daarvolgens te leef.”

God kan wonders met stof verrig! Hierdie teks praat van ‘n nuwe soort “maak” van God, ‘n óórmaking, ’n herskepping. In Christus Jesus het Hy ons reeds herskep sodat die wonder van God reeds uit ons lewe sal straal.

Miga 6:8

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: …

  • Doen wat reg is
  • Bewys troue liefde
  • Loop nederig die pad saam met jou God

Ons kan inderdaad die Here loof op al die plekke waar Hy heers (Psalm 103:22).

 

Sorry, the comment form is closed at this time.