Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

“Ek en my tiende.” (Num 18:19-32,
Deut 14:22-25,
Deut 26:12-14 en 2 Kor 8-9)

Ons trek by die laaste kwartaal van hierdie jaar! Soos elke jaar, voel ons weer so bietjie omkant gevang; ontnugter oor hoe vinnig 2024 verby gevlieg het.

Soos wat husigesinne voorbereidings tref vir dit wat die laaste drie maande van die jaar inhou, is dit ook ‘n geleentheid om terug te kyk na die 9 maande wat reeds verby is. Wat het alles gebeur in die lewens van die mense wat onder jou dak bly, en in jou eie lewe? Dalk was daar hartseer en swaar, of dalk was daar groot vreugde of uitkoms.

Mense vertel dikwels hoedat  hulle egter juis in moeilike en skynbare slegte tye in hulle lewens op persoonlike en geestelike vlak die meeste groei beleef het – in sulke tye meer van hulself en van Gid geleer het. Met dit in gedagte, sou jy dalk kon terugkyk op 9 maade vol hoogte- en selfs laagtepunte, en steeds ‘n gevoel van dankbaarheid ervaar.

Ons skop komende Sondag af met ons Tiende-maand dankoffer. Dit is ‘n geleentheid om dankbaarheid te betoon vir God se seën en bystand deur die loop van die jaar. Ons gesels oor wat die Bybel leer oor die gee van “tiendes” en hoe ek as gelowige dit prakties kan deel maak van die leef van ‘n dankbare lewe.

 

 

 

Sorry, the comment form is closed at this time.