Boodskap vir die week
“God se hartsvormende werk”
Eksodus (verkeie verse)
Wat ‘n voorreg om te weet dat God ons ook gebruik!
Soos ons verlede week gehoor het, word die mikrofoon soms na ons toe uitgehou (soos die voorsanger van Nkosi sikelel’ Afrika by die Springbokke se eerste toets teen Ierland of Loftus Versfeld gemaak het) en kry ons die geleentheid om saam, uit volle bors, te sings soos burgers van die Koningkryk van God. Om “… as gesante ter wille van Christus…” (2 Kor 5:20) te getuig van die werk van Christus in ons lewens en in die wêreld om ons.
Wat ‘n voorreg!
Maar die gedagte kan ook jou keel laat toetrek… Hoe moet ek dan wees…, wat moet ek sê…, moet ek anders wees as normaalweg, wanneer die mikrofoon die slag na my toe uitgesteek word?
Kom luister saam na hoe die Here, soos ‘n kunstenaar, oor tyd, meesterlik tewerk gaan om my en jou hart te vorm sodat, in die oomblik van waarheid, wanneer die mikrofoon na my en jou toe uitgesteek word, ons met vrymoedigheid uit volle bors kan sing.
Sorry, the comment form is closed at this time.