Boodskap vir die week
Skriflesing: 2 Korintiërs 5:11-21 & Handelinge 1:8
Wanneer ‘n mens die liefde van Christus leer ken word jy daardeur verander. Jy kan nie meer dieselfde bly nie. Jy moet oorgaan tot aktiwiteit. Jy moet vir Christus lewe.
Om vir Christus te lewe beteken om totaal vir hom te lewe. Ons staan ons plek vol midde-in die wêreld, in die gewone lewe. Daarom, as ons deur die liefde van Christus gedring word om vir Hom te lewe, beteken dit dat Christus ons uitplaas oor die wêreld in alle moontlike beroepe. Elkeen dien op sy / haar plek die Here. Dit is wat die Here wil hê, dat ons mense van God moet wees in die hele lewe. Maar dit kan nie daarby eindig nie.
As ek vir Christus wil lewe, moet ek van hom getuig. Ek kan nie maar net ‘n lewe lei wat stilswygend op God gerig is nie. Daar waar ons woon en werk moet ons ook getuies wees. Paulus verduidelik dit só in 1 Korintiërs 5:21: Ons tree dan op as gesante ter wille van Christus.
God soek sulke mense wat deur die krag van sy Heilige Gees ‘n woord het vir mense in die wêreld wat nie weet van die versoening wat Christus moontlik gemaak het nie. Die wêreld moet hoor dat Christus die vyandskap wat daar tussen God en mens was afgebreek het.
Voel u dat u somtyds as gesant / verteenwoordiger van Christus faal? Of, dink u dat u nie die geskikte kandidaat vir hierdie
gesantskap is nie? Miskien moet u dan net weer Handelinge 1:8 lees.
Sorry, the comment form is closed at this time.