Title Image

Boodskap vir die week

Boodskap vir die week

God bly met my besig – 2 Samuel 5:1-10.

Bouprojekte wat oor etlike dekades verloop en waarmee volgehou word totdat dit afgehandel is, gryp dikwels mens se verbeelding aan.

Die Sagrada Familia in Barcelona, Spanje is ‘n baie goeie voorbeeld hiervan. Sedert 1882 is konstruksie steeds aan die gang en die afhandeling daarvan is in sig.

Letterlik generasies van ingenieurs en vakmanne het oor die jare elkeen ‘n bydrae gelewer in die vordering wat gemaak is. Maar seker die belangrikste aspek van die volgehoue werk, is die meesterplan van die geniale argitek, Antoni Gaudi. Dié wat na hom gekom het het bloot met sy werk voort gegaan.

Kyk mens na die verhale van Bybelkarakters soos Moses, Josua, Jeremia en selfs die verbondsvolk Israel, sien jy ook vingerafdrukke van die handewerk van ‘n Meester-argitek wat konstant by hul verhale betrokke was.

Dawid se verhaal is dieselfde. Vol hoogte- en laagtepunte, maar die Meester-argitek se konstante teenwoordigheid maak van sy verhaal ‘n God-storie.

Met my en jou is dit nie anders nie. Immanuel, God met ons, beteken dat die Meester-argitek met ons besig bly tot die einde.

Kom luister en dink gerus komende Sondag-oggend saam hieroor.

 

Sorry, the comment form is closed at this time.